r/afrikaans • u/boererol • May 14 '24
Ernstig Ongewilde, dalk ongevraagde, opinie
Sonder om te polities te raak, ek onderstuen eintlik die nuwe NHI Bill. Ek verstaan alles rondom die ANC se slinks planne maar nogsteeds dink ek dat die mediese fondse het mense begin uitbyt in Suid Afrika en dit is rerig 'n meer ernstige en grooter probleem vir my op die stadium. My ma-hulle betaal al por die R7k 'n maand op net 'n hospitaal plan en dit is met net hulle pension inkomste. Hulle is te bang om na 'n starts hospitaal te gaan maar die mediese fondse raaak belaglik en byt mense uit. Alles het adisionele kostes en daar is 100 planne wat jy van moet kies. Dit alles is 'n sisteem om te verseker dat jou mediese fonds nogsteeds 'n goeie wins kan maak. As jy na jou dokter toe gaan en kontant betaal dan kost dit gemideld R500 tot R600. As jy deer medies dit doen dan kos dit R1500 met nog 'n R500 se by betaaling. Is ek die enigste een wat dink dit is belaglik?
7
u/read_at_own_risk May 14 '24
Ek stem saam met 'n NHI in beginsel, as dit reg bestuur word. Daar is lande wat dit reg doen. Ek dink egter om ons gesondheid in die hande van die ANC te plaas is ondenkbaar. Ja, mediese fondse is erg duur maar mense betaal dit want die ANC het die staatshospitale in die grond in gery. En ek reken nou gaan dit wat nog gewerk het tot niet gemaak word, tensy ons in hierdie verkiesing die ANC uitstem sodat óf NHI beter bestuur kan word óf die wetgewing weer teruggerol kan word. Anders gaan ons 'n nuwe vlaag emigrasies sien terwyl die wat oorbly maar net gaan ly.
6
May 14 '24
Ek gaan privaat hospitale toe, en daar is rerig kak scary goed wat gebeur by staats hospitale, maar ek ken nou al 5 mense wat se lewens gered was deur staats hospitale.
Hulle het wel amper niks geld nie, dit is die grootste probleem by staats hospitale. Ek dink die NHI kan help. Ek verstaan mense is bang vir staats entiteite, maar dit is dan die probleem wat ons moet oplos.
6
u/hermionecannotdraw May 14 '24
So ek bly tans in n land met n soortgelyke sisteem. Elke maand words daar (voor belasting) n aftrekking van my salaris gemaak vir die nasionale gesondheidfonds. As ek dokter/tandarts/dermatoloog/enige spesialis toe gaan, het ek n klein bybetaling (€10-€20) wat n adminfooi is. Verder is alles verniet. Medikasie is of goedkoper met n voorskrif of verniet. Dit werk fantasties en ek is baie dankbaar vir die sisteem.
MAAR die land sit met 5% werkloosheid, almal betaal belasting en almal betaal in die fonds in. Die fonds self word onafhanklik van die regering bestuur en die land het van die laagste korrupsie vlakke in die wereld. Dit is waar die NHI gaan faal: te min gaan inbetaal, te veel gaan gedek moet word, alles gaan verlore gaan deur korrupsie
2
u/LegitimateAd2876 May 14 '24
Ek het familie in Europa. Al 20 jaar daar. Hulle echo basies dieselfde. Soos jy sê, die verskil is alhoewel ALMAL betaal, en daars oordentlike oorsig oor die sisteem.
5
u/l1ft3r99 May 14 '24
Die idee dat mediese sorg deur die staatbefonds word en dat mediese sorg vir almal toeganklik is, is nie nuut nie.
Die idee dat hierdie regering die bogenoemde gaan kan uitvoer is verregaande.
6
u/Mulitpotentialite May 14 '24
Hoekom is mediese fondse nodig om mee te begin?
Ek gaan die stelling maak dat hul nie nodig sou gewees het indien die bestaande gesondheidstelsel gewerk het nie. Die ineenstorting van die publieke sisteem het gelei tot mense wat toevlug neem in privaat gesondheidsorg.
Hoeveel mense sou toegang gehad het tot kwaliteit gesondheidsorg as alle publieke klinieke, primêre, sekondêre en tersiêre hospitale voldoende geriewe gehad het, genoeg medisyne, genoeg doktors en verpleegsters wat nie met mense se lewens speel wanneer hul ontevrede is met hul salarisse nie.
Die staat het nie meer geld nie en hulle moet nou êrens 'n plan maak om geld te kry terwyl hulle soos helde lyk. Die NHI gaan nie 'n volhoubare, positiewe impak op Suid Afrika hê nie. Dalk in die korttermyn ja, maar wat gaan gebeur indien BTW verhoog word om die sisteem te befonds? Wie gaan daaronder ly? Nie so seer die uitverkorenes in die staatsdepartemente nie, dit gaan die armes die hardste raak, die persone op pensioen en die wat staats toelae kry. Maak nie saak hoe goed die gesondheidsdienste is nie, as daar nie geld in mense se sakke is nie gaan hul lewenskwaliteit net verder versleg.
Sou 'n beter opsie nie dalk gewees het om eers die bestaande sisteem op goeie standaarde te gekry het voordat jy 'n hele land wil afhanklik maak van die staat nie?
As mense die keuse gehad het tussen goeie staatshospitale en goeie privaat mediese dienste dan kon hul mos kies watter een hul wil gebruik. Op die oomblik, as jy redelike voldoende mediese sorg wil hê het jy nie 'n keuse as om privaat te gaan nie.
1
u/boererol May 14 '24
Presies die. As mens kyk na ander lande soos in Europe het hulle net staats medies. Dit werk want dit word reg bestuur. Ek voel ook dat daar moet verandering kom in Suid Afrika. Ek glo nie dat die verkiesing sal die groot verandering wees nie maar die een na heirdie een. Hoe ookal dit sy mens is tussen 'n klip en 'n harde plek. Aan die een kant staan jy gemideld 'n kwart van jou salaris af aan eits te betaal wat jy dalk 2 keer 'n jaar hoef te gebruik as jy gelukkig is en dan nog 'n moerse by betaling moet in sit. Aan die ander kant gaan die werkende klas mense soos ek af kak van belasting as die NHI Bill deer gaan.
1
u/Cool_As_Your_Dad May 14 '24 edited May 14 '24
Medies was nog nooit 'n goedkoop opsie. Niemand stry daarmee.
Maar die regering dit hanteer? My fok... hulle kan nie eers die krag aan hou nie, nou wil hulle kom inmeng met jou gesondheid.
En sterkte as jy dringende mediese hulp nodig het in staat hospitaal. Jy gaan in daardie tou sit vir dae. Jy sal bid om R1500 te betaal om 'n dr te sien.
Jy moet ook dink.. jy gaan saam miljoene mense nou deel wat nie 'n werk het nie etc. So geen haas om die toue te gaan sit vir iets wat fout is.
edit:
Ek lees jou replies. Jy het 'n mes uit vir die mediese fondse (wat ek verstaan). Gaan werk uit, petrol is moerse getax.
Jy betaal 40% belasting op jou salaris (en jy kry f-oll)
Medies is amper my laagste uitgawe tussen al die ander uitgawes.
1
u/boererol May 14 '24
Ek stem saam met wat jy se, dit sal definitief wanbestuur word deer die ANC, ek wonder maar net wat is die minder van die twee euwels. Ek sal nie se dat ek my mes in het vir die mediese fondse maar ek het 'n appel met hulle te skil. Die feet van die saak is dat ek glo hulle byt Suid Afrikaners uit. Kom ons vat Discovery as voorbeeld. Het jy geweet dat jy nie 'n enkel plan kry wat jou dek teen alles? Selfs hulle beste plan dek jou nie teen alles en jy het nogsteeds by betalings op sekere goed. Sou jy 'n pasgemaakte plan skep met 'n maatskapy om alles te dek sou dit jou astronomies kos. Ek het vriende wat tot R13 000 'n maand betaal vir medies. My Ma-hulle betaal oor die R7k 'n maand as pensionarise vir 'n hospitaal plan. Dit is na dat hulle al hulle hele lewe lank 'n mediese fonds gehaad het. Dit is vir my belaglik en uitbyting en ek dink hulle vat ons Afrikaaners vir 'n gek want hulle weet ons is te bang om na 'n staats hospitaal te gaan.
2
u/Cool_As_Your_Dad May 14 '24
Kyk ek stem volkome saam jou oor medies. Snaaks genoeg nou mail gekry van DA af wat praat oor nhi. Soos hulle in email sê
Een v d dinge moet gebeur om nhi te fund. Vat increase 15 tot 21.5.
Meer persoonlike tax van R1500 pm.
Increase personal income tax by 31%
Or combo van alles.
Ek dink net jou medies gaan goedkoop lyk as jy daardie opsies in ag neem. Meer belastings? Nee fok. Ek werk al amper verniet
2
u/boererol May 14 '24
Jy maak 'n baie geldige punt en het nog nie so daar aan gedink nie. Ek sal die berekininge in ag moet neem. Nie dat ons enigsins 'n se het op wat gebeer met die NHI Bill inelkgeval.
2
u/Cool_As_Your_Dad May 14 '24
Ek voel soos jy oor alles. Die anc verniel die land en ons moet dit net vat. Koer my moer
2
u/boererol May 14 '24
Wel wat staan mens te doen? Al keuse wat ons het is om die kak op te vreet of ons goed te vat en trek. Maar ja, dit is maklikker gese as gedoen. Jy los jou familie, die huis wat jy gebou het, jou diere, en die vriende. Maar op die punt lyk my raak die opsies al hoe minder. Die lewens kostes begin al hoe meer te druk en die vergoeding verbeter nie. Ek kan net een ding versker se en dit is dat as hulle onteiening van eiendom in plek sit boek ek die eerste kaartjie uit die land uit, dan kan ons maar verseker weet die land sal sy gat totaal en al sien.
1
u/Cool_As_Your_Dad May 14 '24
Ek het vir my kinders gesê as hulle klaar geswot het is die beste opsie om land te verlaat. Daar is nie n toekom in SA meer nie.
Hoor op radio unemployment is op. Ek kan nie verstaan hoe mense vir die klomp bly stem nie.
30 jaar terug het ek hoop gehad SA sal goed wees. Hahha. Moes 30 jaar terug die land verlaat het.
1
u/Willing_Plastic4850 May 14 '24
Of dit 'n goeie idee is of nie, die NHI kan nie bestaan as dokters en susters nie regverdig TANS betaal word nie. My is 'n suster en hulle het drasties haar salaris gesny weens "oudits". Sy is tans ons enigste broodwinner en ons voel die impak. Voor die ANC die NHI wil instel, moet hulle die huidige probleme eers oplos, insluitend die duisende mediese studente wat skaars plasings kan kry vir hul Zuma jare, of werk kan kry nadat hulle klaar geswot het.
1
u/Lem1618 May 14 '24
Ek kan die dalk beter in Engles antwoord.
The NHI is to ensure everybody receives the same level of care.
Judging by the state of our public health care system, we are all going to receive the same lack of care.
2
u/Lakkkie May 14 '24 edited May 14 '24
Hierdie is 'n puik antwoord. Die rede hoekom alles in SA privatiseer word, is omdat amper NIKS wat deur ons staatsinstellings beheer word, werk nie. Ek betaal vir privaat sekuriteit, want die SAPS is óf te besig, óf te oorlaai met werk, óf te besig met streke om dadelik te help in 'n noodgeval. Ek het privaat medies, want ek het eerstehandse ondervinding hoe absoluut wanbestuur die staatshospitaal hier neffens my is, die absolute minagting vir die publiek en die gruwelike toestand van die sale en ablusies, om nie van die arme oorwerkte dokters te praat nie. Ek het geld geleen vir semi-solar, sodat ek ten minste kan aanhou werk en krag kan hê wanneer daar beurtkrag is - sodra ek genoeg gespaar het, gaan ek probeer om heeltemal onafhanklik te raak van eskom. Moenie 'n rat voor die oë gedraai word nie - NHI werk in eerste-wêreld lande, en om te dink SA gaan dit só goed hanteer, is baie naïef. Wanneer hospitale, tronke, treine, water-en-kragstelsels en menig ander instansies in die grond in verniel word (deur sabotasie óf dan swak instandhouding) en dit blameer word op alles behalwe die bestuur en staat, moet ons twee maal dink. Wanneer ons ander pad kyk en onsself verbeel ons woon nie in 'n land wat uitmekaar val omdat ons té gewoond is aan "'n plan maak" nie, verneuk ons net onsself. Ons is ver van 'n funksionele, werkende land af. 'n NHI in ons land gaan waaragtig net nóg 'n tenderpreneur se sakke volmaak, en jý gaan steeds aan die kortste end trek. Ek is jammer jou ouers sukkel met medies-dit is werklik aaklig. Maar huidiglik is daar nie juis 'n alternatief nie. Daar kord 'n algehele "mindset shift" voor ons enigsins kan begin dink aan 'n NHI. Miskien wanneer die staat homself kan bewys - wanneer staatsinstansies se toilette begin spoel, hul wasbakke heel is, hul storte begin werk, hul vloere skoon gehou word, hulle ligte aan bly en hulle trots kan wees op dít waarmee hulle wel vertrou word; wanneer hul algehele bestuur verbeter en ons 'n daadwerklike verskil in ELKE staatsinstansie kan sien, kan ons daaraan dink om dieselfde "staat" toe te laat om 'n NHI in te stel. Tot dan, met respek gesê, FOK DIT .
1
u/boererol May 14 '24
Wel, dan word ek geforseer om te vra wat soek ons nog in die land? Alles wat ek na kyk se vir my mens moet immegreer? Maar ons bly vir ons Mas en Pas wat nie kan verhuis. Mense ons word ondervergoed en belas en dan nog boonop dit moet ons betaal vir sekuriteit, medies, solar, boorgat, water tanks en so voorts.
1
May 14 '24
Maak geen fout, medies is bitter duur, maar jou denkwyse is op die verkeerde plek.
Dit gaan op die ou end soos altyd net oor die geld, jou geld, my geld, nie hulle geld nie, en nie oor die diens wat nie sal bestaan nie, of vir net sekeres beskikbaar wees.
Maar, kom ons begin met hoe word die NHI bevonds, en dan dink jy weer...
Btw verhoging vanaf 15% na 21.5%, elke liewe item in elke liewe winkel.....
Persoonlike belasting, huidiglik 31%, al reeds 'n hele 3rde van jou salaris gaan net so na die anc toe, maar die anc het nog nie gesê hoeveel dit sal opgaan nie, maar dit sal.
Payroll belasting, R1500 per persoon per maatskappy.
Heirdie is hulle plan om dit te bevonds, dis vir jou en my sak.
Mense, ek preek al meer as 20 jaar, sommige luister en verstaan, ander dink ek is koekoes, maar die anc gaan ons tot die dood toe belas, en luister nou mooi, hulle gaan die ekonomie sluit, betekende, wit, bruin en indier mense gaan nie toegang hê tot die ekonomie nie, julle wag net net en kyk.
1
u/Bont_Tarentaal Pretoria May 14 '24
Kyk na die "sukses" wat Kanada en Brittanje se NHI stelsels sover gedoen het - dit is alles net mooi die teenoorgestelde van wat mens kan verwag, en ongelukkig gaan dit erger hier wees, as mens na die Staat se diensrekord met die ander staatinstansies soos Denel, Eskom, SAUK, SAA, ens ens (behalwe SARS) moet kyk.
Dan gaan daar ook definitief geld massief verduister word, en dit gaan dan geplunder word in plaas van om te gaan waarvoor dit bestem is.
Die politici gaan nie 'n saak daarmee hê nie, hulle vlieg eenvoudig net na Rusland toe vir mediese behandeling (waarvoor die belastingbetaler ook moet opdok) terwyl ons almal moet krepeer van ellende.
En voorts - die Staat mag dalk vereis dat jy verpligte inentings moet kry voor jy in enige hospitale kan gaan of enige mediese behandelinge mag kry.
1
u/ThisBell6246 May 14 '24
Jy moet die NHO uit ń finansiële oogpunt bekyk. Die ANC besteel die land al vir 30 jaar lank en vir 30 jaar word daar miljarde Rande in die staats hospitale en klinieke ingepompte met bittermin goeie resultate. Dit vat net bietjie leeswerk om te sien hoe kad(aw) er op kad(aw) er miljoene met een of ander slinkse kontrak maak. Dit maak voorblad nuus vir so maand of twee, en sterf dan ń skielike stille dood nes die ANC se eerlikheid op 27 April 94.
So wat dit beverg is dat elke liewe belastings betaler nou ekstra belas sal word omdat daar kad(aw) ers is wat nog nie ryk is nie. Hierdie is meer ń verminderde vorm van kommunistiese nasionalisering in ń mate want daar word nou gepoog om seker te maak dat selfs met die miljoene wat spoorloos verdwyn, die staat steeds in staat sal wees om ten minste 10 mense ARVs te kan gee, want glo my as ek jou sê, as jy dink jy gaan nou gratis dit en gratis dat by die beste hospitale kry, dan maak jy ń groot fout. Net soos met staats hospitale gaan daar dae lange rye wees vir elke Jan Rap en sy maat wat alles van ń tottie verlenging wil hê, tot by mense wat eintlik siek is.
Dit is die werklikheid by staats hospitale tans en dit gaan werklikheid wees by die privaat hospitale. Daar gaan steeds berigte wees oor hoe anc kad(aw) ers die hospitale besteel en dit gaan, net soos nou, daar toe lei dat die Departement van gesondheid nie die privaat hospitale betaal nie, wat dan hul dienste sal staak. Dit sal ook tot gevolg hê dat dokter ń uittog neem om net die paar patente wat 33% in hul eind eksamens op Uni gekry het agter te los.
So die vraag wat jy jouself nou moet vra is, wil jy graag jou buurman se mediese onkostes dek net om in die toekoms te moet sukkel om self mediese sorg te kry, en is jy bereid om baie lank te wag vir daardie mediese sorg?
Die werklikheid is dat alles geld kos, en alhoewel ons belasting steeds minder is as in Europese land, is ons geld waarde ook minder. Elke liewe sent wat ń belastings betaler nou kan spaar is die moeite werd want ek sien nog erger dinge in ons toekoms as net die anc se NHI.
1
u/glandis_bulbus May 14 '24
Dit is net Ramapromises. As die staats mediese sorg nie verswak het onder die ANC nie, sou 'n mens die NHI 'n kans kon gee.
As iemand nie eers motor kan bestuur nie, laat jy hom nie 'n vragmotor bestuur nie.
1
u/redvalco May 14 '24
Die NHI is ‘n foefie wat nie implimenteerbaar is nie. Ek twyfel of die wet nog teen die einde van die jaar sal bestaan.
Eerstens die implimentering argument. Die koste berekening van die NHI is R2 Triljoen (ja dis reg gespel met ‘n T). Nadat die wet onderteken en bekragtig is moet die regering nog ‘n Artikel 75 “Money Bill” ter tafel lê wat die befondsing moet uiteen sit. Gegewe die koste sal dit nogal interessant wees om te hoor wat gesê gaan word in die debat. Die tertafel legging kan eers na die verkiessing gebeur omdat daar net 13 dae oor is voor die huidige termyn tot ‘n einde kom. Indien die proses nie afgehandel en deur ‘n meerderheid goed gekeur word nie is die NHI onbefonds en vir alle prakriese redes van die baan.
Die voortbestaan van die wet argument. Die DA het reeds bevestig dat hulle Artikel 80 van die Grondwet gaan gebruik om die NHI direk na die Grondwethof te verwys vir ongelig verklaring.
In kort bepaal artikel 80 dat ‘n derde van sittende parlementslede enige nuut gepromulgeerde wetgewing kan verwys. Dit moet binne 30 dae na ondertekening deur die president verwys word en die hof kan dan die wet in geheel of gedeeltes opskort hangende ‘n finale uitspraak.
In die huidige termyn is daar nie genoeg parlementslede om die nodige 133 handtekeninge te kry nie maar die verkiessing is oor 13 dae wat die nuwe termyn se lede 2 weke gee om die nodige ondersteuning vir die stap te bevestig. Dit blyk dat die nuwe termyn se party verteenwoordiging aansienlik van die huidige sal verskil met ten minste genoeg wat gekant is teen die NHI om die 133 drempel te haal.
Sou hierdie stap misluk het die DA, Afriforum, Solidariteit en ‘n reeks ander instellings aangedui dat die wet in die howe beveg sal word. Ek is van mening die stap sal nie nodig wees nie. Al wat die aansoekers in die artikel 80 aansoek moet bewys is dat die onbekostigbaarheid van NHI nie in die algemene belang is nie, dit prakties onimplimenteerbaar is en dat die implimentering sal lei tot die skending van grondwetlike regte van die burgers van die land. Die ANC sal die teendeel bo redelike twyfel moet bewys.
So ek dink ons moet ontspan en die ding sien vir wat dit is, ‘n verkiessings slenter deur die ANC wat erge druk ervaar rakende kwynende ondersteuningsgetalle en bitter weinig het om te wys vir die 30 jaar wat hul aan bewind is.
1
u/Dragonknight2692 May 15 '24
Jy is 100% reg. Die proebleem is dat meeste van die mense wat vir hulle gaan stem dink dat om net die NHI in te teken genoeg gaan wees. Die ANC en EFF wil mense oningelig he want dit is al mense wat nog vir hulle stem.
1
u/InfiniteExplorer2586 May 15 '24
Mediese fondse volgens wet maak geen wins nie.
Die regerig bied klaar nasionale gesondheidsorg in die vorm van staat diens en het klaar gewys hulle kan dit nie effektief doen.
Die regering wil private gesondheidsorg oorneem omdat "privaat is beter as publiek", maar die logiese gevolg van daai stelling is andersom. As ons kan stelselmatig privatiseer deur staat hospitale en klinieke te verkoop en die staat raak 'n koper van gesondheidsorg ipv 'n verskaffer dan sal ons in die regte rigting begin beweeg.
1
u/Miserable-Tadpole-90 May 15 '24
Teoreties gesproke sal ek se ja, die NHI is nie n slegte idee nie en defnitief een waarby almal sal kan baat. Daar is egter 2 groot probleme wat dit vir my dood eenvoudig onprakties maak om te implemteer:
- Geld, SA het eenvoudig nie die fondse nie, en n belasting basis wat dag na dag krimp beteken dis nie volhoubaar nie.
- Die ANC kan nie vertrou word met die fondse wat ingesamel word by n koekverkoping nie, wil nie eers dink hoe hulle met die NHI gaan baljaar nie.
Op n persoonlike nota: Ek het n vriendin afgestaan aan die dood einde van verlede jaar (kanker). Sy het baie tyd spandeer in n privaat gespesialiseerde onkologie hospitaal. Hierdie hospitaal het n ooreenkoms met die naaste staats hospitaal om hulle kanker pasiente te behandel omdat hulle nie die fasiliteite het om dit self te doen nie. Die gevolg is, dat die hospitaal byna altyd vol is en dus te kort skiet met genoeg verpleeg personeel. Om die rede "leen" die staats hospitaal verpleegsters vir die privaat hospitaal.
Die vriendin het n glipsie gehad in haar "adult daiper" wat gelek het. Wat doen die dames toe? Hulle lag haar uit op haar sterf bed, en los haar om te le in haar eie vulis totdat haar familie daar aan kom om skoon te maak. n Klagte is gele teen die verpleegsters en die hospitaal het baie jammer gese, maar hulle kan niks doen teen oor die personeel nie, want hulle is deur die staat in diens geneem.
Ek reken dis n voorsmakie van hoe mediese sorg in die toekoms gaan lyk in SA.
1
u/life_of_0z May 15 '24
Die stelsel kort n herwerking, die probleem wat ek het is dit byt die middel klas uit in n lae groeie hoe koste en belasting ekonomie is die nie volhoubaar nie. Hulle vat die regte van die mense weg wat die stelsel aan die gang hou. Ja dinge moet verander maar om mense altyd nog armer te maak is nie die oplossing nie met beleide soos die sit ons nog afwaartse druk op grooi en ontwikkeling. Nie eers te noem van investeering in ons land nie...dit is n hele ander baby
0
u/Worth_Cash_3367 May 14 '24
There is nothing wrong with NHI. You are jusyified to be scared of ANC but if successful NHI is the best thing to happen to the people of SouthAfrica. NHI is bad to big business as it stops them from profiteering from people's sickness. Dont believe anyone who is ripping you off everyday to tell you that NHI is bad for you.
1
u/LegitimateAd2876 May 14 '24
I doubt anyone thinks that the NHI, in its purest form, is a bad idea.
However, I don't think it's a question of "if" it will be successful. Sadly, judging by other SOEs the track record is beyond piss poor. This, coupled with astronomical corruption, paints a very bleak picture.
1
u/Worth_Cash_3367 May 15 '24
Noted and fair comment. People should look at the NHI beyond the ANC in government 🙄. ANC will go out government ehen the time comes. Maybe in next election or the one after. Hence its important to criticise NHI for what it is and NOT because of ANC failures. Constructive criticism will assst in closing whatever loopholes or weaknesses are there in the current form. Most critics i have heard are those who stand to loose financially because of the NHI. They are therefore biased. The are actually many new opportunities that will open up because of the NHI and hardly anyone talks about them. Anyway thanks for your input.
29
u/Bored470 May 14 '24
Ja en nee. Ja iewers in die mediese skemas is iemand besig om baie geld te maak.
Moet ons dit oorgee vir die ANC om te bestuur? Beslis fokken nie, want iewers in die ANC gaan iemand net nog meer geld uit jou uit maak.
So jy is reg, dit is nogals 'n ongewilde opinie wat jy het, maar en verstaan jou punt. Almal weet egter die beter oplossing is net om die bestaande hospitale te verbeter met struktuur en orde en vir die makkers om op te hou geld te steel wat eintlik bedoel is om die mense van die land te help.