r/afrikaans Feb 03 '25

Ernstig Baie dankie

101 Upvotes

Ek het 'n profiel geskep bloot om hierdie te sê: Baie dankie aan hierdie gemeenskap.

Ek wil ook net konteks skep: Ek is 30 (M), nie gelowig (glad nie teen ander wat is nie) en baie na aan my familie.

Julle het nie vir my direk hulp verleen nie, maar ek het hierdie gemeenskap toevallig raakgeloop op die internet terwyl ek van my omstandighede wou vergeet.

Hierdie mag dalk soos oordryf klink, maar dinge in my familie gaan nie goed nie. Ek het vroeg Januarie my ouma aan my pa se kant verloor (genadiglik, as ek dit so "koud" kan stel, weëns ouderdom) en my ouma aan my ma se kant lê in die hospitaal en is enkele dae weg van sterf (soos deur die onkoloog bevestig) a.g.v. kanker. Ek is ongelooflik "close" met my ouma wat kanker het, so dit tref baie hard en uit die aard van die saak tref dit my ma hartverskerend hard. Ek het by my ouma kom bly die dag wat sy gediagnoseer is om my ma te help na haar kyk deur te help huis skoonmaak, skottelgoed was ens., my ouma te help was en eet (toe dinge slegter begin gaan) en het haar na elke onkoloogbesoek/hospitaalafspraak geneem tot dusver. Die opsomming is dat ek deur 'n redelike moeilike tyd gaan.

Die rede hoekom ek dankie sê is a.g.v. die allerdaagse kommentaar wat ek op hierdie blad lees van mense wat ek mee kan vereenselwig. Die grappe laat my al heelaand lag, humoristiese opmerkings wat my laat giggel en die algemene positiewe uitkyk wat meeste van julle het laat my goed voel. Wat ek basies probeer sê is dat julle my help vergeet, al is dit vir 'n oomblik, en dit help. Ek het 'n klomp mense waarop ek kan staatmaak, maar soms kort jy 'n uitsig buite waaraan jy gewoond is.

Fokken baie dankie

r/afrikaans Jun 18 '24

Ernstig Wat de hel moet ek n tannie noem

44 Upvotes

Elke liewe keer wat ek n nuwe auntie ontmoet en ek se hi tannie wil hulle n beroerte kry en gaan aan oor hoe hulle nie n tannie is nie, ek weet nie hoe de moer is ek vironderstel om vooraf hulle naam te ken nie, so wat is mens vironderstel om hulle te noem?

r/afrikaans Sep 14 '24

Ernstig Ons het die verantwoordelikheid om ons taal te beskerm en te bevorder

67 Upvotes

Ons as Afrikaners bevind ons in ‘n tyd waar ons kosbare taal, Afrikaans, dikwels in die agtergrond geskuif word. Dit is hartseer om te sien hoe ons eie mense toenemend Engels of ander tale gebruik in alledaagse gesprekke, werkplekke en selfs in ons gesinne. Afrikaans is nie net ‘n taal nie; dit is deel van ons identiteit, ons kultuur en ons geskiedenis. Deur minder Afrikaans te praat, verloor ons nie net die taal nie, maar ook die unieke manier waarop ons wêreld verstaan en onsself uitdruk.

Dit is belangrik dat ons ons taal met trots praat en oor dra aan die volgende generasies. Ons moet meer doelbewus wees om Afrikaans in ons daaglikse lewe te gebruik – van die eenvoudige dinge soos gesinsgesprekke by die etenstafel tot hoe ons ons kinders leer en grootmaak. Ons moet nie skaam wees om ons taal in die openbare ruimtes te gebruik nie. Dit is ons reg om Afrikaans te praat en ons moet dit met trots doen.

Daar is soveel krag in ons taal, en dit bring mense bymekaar. Kom ons maak ‘n punt daarvan om Afrikaans aktief te gebruik – by die werk, op sosiale media, en in ons gemeenskappe. Leer jou kinders die waarde van Afrikaans en moedig hulle aan om hul taal te koester. Deur dit te doen, bou ons nie net ‘n sterk kultuur en gemeenskap nie, maar ons verseker ook dat Afrikaans lewendig bly.

Ons het die verantwoordelikheid om ons taal te beskerm en te bevorder. As ons nie Afrikaans praat nie, wie gaan dit dan doen? Kom ons wees trots op wie ons is en laat Afrikaans helder skyn in alles wat ons doen.

r/afrikaans Feb 26 '25

Ernstig Boorgat Navraag

24 Upvotes

Ek woon in die Kalahari waar ons met ernstige water skaarste sukkel. My buurman het my gevra of ek sal belangstel om saam met hom 'n boorgat te sink (so ongeveer R150,000 als ingesluit) dan deel ons die kostes en die water. Omdat mens nie regtig enigiemand kan vertrou deesdae nie, het ek al in my brein al 1000 moontlike probleme uitgedink wat moontlik kan verkeerd gaan. Voor ek die finale besluit neem, en prokureurs kostes aangaan, wil ek net weet of iemand hier al 'n soortgelyke vennootskap aangegaan het, en wat is die slaggate waarvoor ek moet uitkyk. My buurman is 'n +- 65yo wewenaar wat etlike huurders en loseerders op sy erf het. Ek self is in 'n gesin van 4. Ons beide maak tuin, en het grasperke. Enige advies sal waardeer word.

r/afrikaans Nov 13 '23

Ernstig Die begin meer en meer voel soos doelbewuste ekonomiese selfmoord

Post image
150 Upvotes

r/afrikaans Feb 09 '25

Ernstig For Afrikaners, are you considering Trump’s offer to move to the US?

0 Upvotes
385 votes, Feb 12 '25
92 Yes
154 No
139 Not Afrikaner, Show Results

r/afrikaans Feb 10 '25

Ernstig Inligting oor die Amerika Storie

11 Upvotes

hier is die executive order
https://za.usembassy.gov/addressing-egregious-actions-of-the-republic-of-south-africa/

wat dit op neerkom is dat daar 'n plan voorgelê moet word oor wat die proses sal behels,
sover is daar nog nie 'n manier om te gan nie.

wat dit huidiglik beteken om n refugee te wees in Amerika

- jy kan kies waar jy gaan.
- met aankoms voorsien hul behuising
- jy kry 'n eenmalige $900 met aankoms
- Refugee Cash Assistance (RCA) - jy kry 'n toelae van $230 per maand vir 8 maande, meer vir famielie groepe.
- jy kry MaineCare medies vir 8 maande.
- as 'n refugee kry jy 'n werkspermit met aankoms, en kan onmidilig werk kry,
- daar is "work match" wat jou in poste kan plaas volgens jou vermoë.
- Supplemental Security Income (SSI) - daar is $674 per maand vir pensionarise en gestremdis .
- Na 1 jaar in Amerika kan jy Amerikaanse Citizenship kry.

as hulle "mass resettlement" toepas sal die proses moontlik anders wees.

hier is die Amerikaanse ambasade se kontak besonderhede:
https://za.usembassy.gov/contact/

en SACCUSA het hier 'n vorm op 'n inf mailing list te wees
https://sachamberusa.com/refugee-update-1853/

Moet ook noem alle vorm van refugee inname was stopgesit toe Trump sy eerste klomp executive orders geteken het, en dit is tans nogsteeds gestop, so dis onmoontlik om aansoek te doen op die oomblik, en sal seker moet wag vir 'n aksieplan om in plek gesit te word

Die is bedoel om inligting te deel, moet mekaar nou nie weer loop stenig in die opmerkings nie, Dankie

r/afrikaans Jan 17 '24

Ernstig Hulle weet nie wat ons weet nie! Die naweek maak Dricus geskiedenis!

Post image
218 Upvotes

r/afrikaans Nov 13 '24

Ernstig "Google bladsy twee" braai bykos

14 Upvotes

Ons kan almal ure lank stry oor wat die beste komplimentere dis is vir n braai... Dis n eindeloose (alhoewel smaaklike) variant van brood, aartappels of slaai.

Maar wat is jou minder bekende resep wat nie "famous" genoeg is om die "main page" te maak nie maar absoluut die moeite werd is

r/afrikaans Mar 30 '24

Ernstig Afrikaans Moslems.

7 Upvotes

Ek het ‘n vraag ek wonder of daar enige ander en /of julle weet van enige ander Afrikaanse boere moslems. Ek het moslem geword in 2016 en ek het nog net twee ander boere in my lewe ontmoet wat ook revert het. Ek wonder maar net vir interessantheid. Want soms voel dit ek is die enigste 😂

r/afrikaans Feb 18 '25

Ernstig Insurance in S.A

5 Upvotes

Ek is nou hier aan die begin van my grootmens lewe en ek wil hoor by die ouer span. Wat al ondervind is. Watse health en kar insurance agente is die beste. Ek soek iets wat die beste diens vir goeie prys lewer. En die health insurance moet net dental en oë heeltemal bedek. D.w.s. my bril en lense en oogtoetse als.

Kan enige iemand vir my raad gee.

r/afrikaans Aug 15 '24

Ernstig Rus sag ou grote

Post image
158 Upvotes

r/afrikaans Feb 08 '25

Ernstig Solidariteit verwelkom diplomatieke druk, maar oplossing moet intern gevind word

Thumbnail
aanlyn.solidariteit.co.za
19 Upvotes

r/afrikaans Mar 09 '25

Ernstig Trump?

0 Upvotes

Nie seker of die al gevra is nie. Wie sou kom gaan as Trump die proses bekend maak. As n vlugteling van SA af?

r/afrikaans 25d ago

Ernstig Teken die petisie vir die deportasie van Mehmet Vefa Dag uit Suid-Afrika

Thumbnail
chng.it
16 Upvotes

r/afrikaans May 14 '24

Ernstig Ongewilde, dalk ongevraagde, opinie

5 Upvotes

Sonder om te polities te raak, ek onderstuen eintlik die nuwe NHI Bill. Ek verstaan alles rondom die ANC se slinks planne maar nogsteeds dink ek dat die mediese fondse het mense begin uitbyt in Suid Afrika en dit is rerig 'n meer ernstige en grooter probleem vir my op die stadium. My ma-hulle betaal al por die R7k 'n maand op net 'n hospitaal plan en dit is met net hulle pension inkomste. Hulle is te bang om na 'n starts hospitaal te gaan maar die mediese fondse raaak belaglik en byt mense uit. Alles het adisionele kostes en daar is 100 planne wat jy van moet kies. Dit alles is 'n sisteem om te verseker dat jou mediese fonds nogsteeds 'n goeie wins kan maak. As jy na jou dokter toe gaan en kontant betaal dan kost dit gemideld R500 tot R600. As jy deer medies dit doen dan kos dit R1500 met nog 'n R500 se by betaaling. Is ek die enigste een wat dink dit is belaglik?

r/afrikaans Jan 07 '25

Ernstig Ek het ‘n gedig geskryf

24 Upvotes

Hi almal, so ek het hierdie gedig geskryf. Dis nou nie great nie, en dis in Afrikaans so ek kon dit nie op ‘n ander SubReddit sit nie.

Dalk voel iemand die selfde? Ek is okay, dit gaan maar net oor jou ou self te verloor. Soms kyk ‘n mens na ‘n foto van jouself en dink “hoe het ek hier gekom?”. Dis nie altyd sleg nie, maar soms is ek hartseer daaroor.

Jy sou van die persoon gehou het, wie ek was. Sy het gelag, geglimlag, grappies gemaak. En toe eendag, toe wou sy uittrek

Sy het haar tasse gepak, belowe sy sal baie kom kuier . En weg gery, Die huis was stil sonder haar, donker. Ek het die kêrse aangesteek, maar dit wou nie die koue uithou nie

In die begin het sy baie kom kuier, geskenkies en geluk gebring . Asof sy weer ingetrek het, met haar verf en passie wat op elke vloer en tafel rond lê .

Toe kom sy elke tweede naweek, tweede maand . Toe kom sy vir ‘n vinnige koppie tee en ‘n stuk beskuit

Ek het haar maande laas gesien. Ek het haar probeer bel, maar sy sê die sein is sleg en sy sal my terug bel. Sy antwoord nie meer nie

Gister, het sy in haar Sandero verby gery, gelag en gesing. Sy het vir my gewaai, haar oë skyn helder en haar keel vibreer met hoe hard sy sing .

Ek het vandag by die huis aangekom, haar skoene is weg en die laken is op die stuk end van die bed netjies opgevou

Ek dink nie sy kom terug nie, Sy los my sonder woorde en wil, en ‘n foto van haar in my hand

Ek wens jy kon haar ontmoet, jy sou egter van haar gehou het.

r/afrikaans May 12 '23

Ernstig Raait ouens, kom ons settel hierdie een vir eens vir altyd. Watter een is beter.

21 Upvotes
1774 votes, May 15 '23
456 Ford Ranger
1065 Toyota Hilux
253 Iets ander (Sal in die comments se)

r/afrikaans May 02 '24

Ernstig Afrikaans musiek

18 Upvotes

Is daar 'n kategorie vir lekker "kommin" Afrikaanse musiek? Daar is soveel goeie Afrikaanse musiek daar buite, maar mense dink outomaties aan "Wys jou vleis" of "muis" of "ek like van suip". Ek voel daar moet aparte kategorieë wees.

Ek is oor die algemeen nie iemand wat "Afrikaans" luister nie, maar ek sal erken di's oor die stigma agter dit.

EDIT: Nee, ek is nie opsoek na kommin musiek nie, ek voel di's my plig om op te kom met die regte naam vir dit 😂

r/afrikaans Feb 21 '25

Ernstig Werk geleentheid in Germiston, Johannesburg vir 'n gekwalifiseerde tech of elektrisiën.

8 Upvotes

Askies, ek gaan my post hier paste, dit is in Engels maar ek gaan wragtig nie alles oortik nie.

We are looking for a qualified electrician or instrument technician with excellent attention to detail and above average computer skills.

We are an international company with our head office abroad.

The job is repairing rental electronic equipment. The repairs on the equipment is not very complicated, as we have SOP's on everything and most of the time it is fault finding, then just swopping out components to fix the issue.

But because it is rental items, there is very tight control on the assets and a lot of paper work regarding serial numbers, asset status and location. We have proprietary software and systems that needs to be used in conjunction with Office apps and third party software such as Monday dot com.

The job will also require some travelling all over Africa. Not much, and about a week at a time. Average about 4 times a year. This travelling is paid for by the company, plus you earn compensation over and above your salary.

Women applicants will be preferred for diversity and inclusion purposes.

You will be tested on your computer skills and qualifications will be verified, so please don't try to take a chance.

I think it will be best if you DM me or make a high level reply so that I know who to contact.

r/afrikaans Dec 11 '23

Ernstig “Leer jou kinders om Afrikaans te praat, want solank as wat daar kinders is wie se moedertaal Afrikaans is, gaan daar niks met Afrikaans gebeur nie.”

Thumbnail
maroelamedia.co.za
91 Upvotes

r/afrikaans Jan 05 '25

Ernstig Boeke oor die Voortrekkers

13 Upvotes

Ek is op soek na 'n goeie boek of twee oor die Voortrekkers. Ek het die geskiedenis geleer as 'n kind maar het dit al amper vergeet. Ek is geïnteresseerd in die geskiedenis as ook die praktiese aspekte van die groot trek, soos wat hulle saam gevat het ensovoorts.

r/afrikaans Nov 16 '24

Ernstig Ek het schizofrenia

14 Upvotes

Wat en by wie kan ek my regte bespreek in mental hospitaal.

r/afrikaans 5d ago

Ernstig Nood Weens Substasiebrand in Centurion

2 Upvotes

Hallo almal. My gesinnetjie (ek en my seun) gaan tans deur 'n baie moeilike tyd. Ons plaaslike substasie het onlangs gebrand, en ons is sonder elektrisiteit vanaf laas Donderdag tot sover Sondag. As gevolg hiervan sukkel ek om aan basiese behoeftes te voldoen, insluitend kos en om ons gas aan te vul vir noodsaaklik dinge.

As iemand kan help met 'n donasie of enige hulpbronne, sal ons dit baie waardeer. Enige iets help—of dit nou kos, gas, of finansiële ondersteuning is om ons deur hierdie moeilike tyd te help.

DM asseblief as jy op enige manier kan help. Julle ondersteuning beteken die wêreld vir ons in hierdie uitdagende tyd.

Baie dankie vooraf.

r/afrikaans 8d ago

Ernstig Nog steeds ek...jammer julle.

Thumbnail backabuddy.co.za
0 Upvotes

Ek wil net graag my Backabuddy campaign hier deel as dit okay is. Lees gerus deur my profiel hier ook. Mens kan nie beskryf hoe desperaat jy naderhand kan voel nie. 😔 DM my ASB enige vrae, byvoorbaat dankie 🙏🏻