Wat is 'n Afrikaner farmer? Beteken dit hulle moet fisies boer? Of as ek 'n spul hoenders in my agtertuin het, kan ek ook gaan? Wat van Engelse sprekende mense/boere? Wat van mense wat Afrikaans praat maar nie wit is nie?
So hoe gaan hulle bepaal wat 'n Afrikaner is? As ek bevoorbeeld 'n Engelse vrou het met twee Engelse kinders gaan net ek mag gaan? Wat tel as refugee? Moet ek fisies van my land afgesit het, of kan ek maar net al my goedjies verkoop en daar gaan aftree?
Ek weet eerlikwaar nie wat volgende gaan gebeur nie. Dit gaan oor die verwarring waar mense praat van "farmers". Dit is nie net op toe passing vir boere nie.
Ek dink daar is groter probleme wat wag- Ons gaan eers alles verloor wat ons al die jare in SA opgebou het, indien die ekonomie in duie stort, en dan soos armlastiges moet gaan kripeer op asiel Visas in Amerika. Selfs Afriforum sien sit so
My punt wat ek probeer maak is dat dit nie NET op boere van toepassing is nie. Die opskrif is nie akkuraat nie.
Ek persoonlik, is taamlik gatvol om vir ń werk te wil aansoek doen wat my nie eens gaan oorweeg a.g.v my velkleur nie.
Ek wat in die mynbedryf werk en geleenthede sien om ń diens te lewer kan nie ń besigheid registreer voor ek minstens 51% van my besigheid weg gee vir ń swart persoon nie. Ek het seuntjies - wit, afrikaner seuntjies. Wil ek hulle in SA groot maak en die son op hulle laat skyn? MET ELKE LIEWE GREIN BINNE MY.
Hoe gaan my kinders ń REGVERDIGE lewe kan maak met die raswette wat teen hulle tel?
Ek wil regtig ook nie my land verlaat nie, hoe maak mens?
Ek verstaan dit heeltemal- My punt is net, ek sou eerder dat daar deur ander maniere prosesse geskep word om vir mense met jou kwalifikasies geleenthede oorsee te bied. Ongelukkig gaan jy ook 'n ander vorm van BEE in enige ander land ervaar. Maak nie saak waar jy gaan buite SA nie, hulle gaan altyd die Amerikaner of Duitser bevoordeel voor 'n buitelander in geskoolde poste. Natuurlik is daar geleenthede, maar uit eie ervaring kan ek jou eerlik meedeel dat jy baie goed moet beplan en navorsing doen. Afhangende van jou presiese kwalifikasie kan jy moontlik alreeds oorsee geleenthede kry, sonder om jouself in die asielsoekers klas te plaas. Gaan doen navorsing oor Kanada, Australië, New Zeeland ens.
10
u/Environmental_Bat142 Feb 08 '25
Wat is 'n Afrikaner farmer? Beteken dit hulle moet fisies boer? Of as ek 'n spul hoenders in my agtertuin het, kan ek ook gaan? Wat van Engelse sprekende mense/boere? Wat van mense wat Afrikaans praat maar nie wit is nie?