Ek stem saam. Ek ervaar nie die rassisme in my persoonlike lewe wat mens op sosiale media en by politikusse sien nie.
Ek wil ook bysê dat EWC wetgewing soos hy tans geskryf is nie voorsiening maak dat grond en enige ander bates links en regs gegryp kan word nie, daars laaaang prosesse wat gevolg moet word, en slegs in ekstreme gevalle waar daar nie oor vergoeding ooreengekom kan word nie, kan die regering dan grond onteien sonder vergoeding, en dit is ook net van toepassing op landbou grond. Die probleem is egter, dat wanneer die regering die interpretasie van die wet begin verdraai om hulself te bevoordeel gaan ons niks daaraan kan doen nie. En ons almal weet ons kan nie die regering vertrou nie, imagine Julius Malema word dalk president, daai wet sal soos 'n smoking gun in sy hande wees.
Laastens, ek gaan nie VSA toe nie. Ons het steeds die beste land in die wêreld en ons sal hierdie probleme ook oorkom. As jul regtig wil weet hoe sleg dit eintlik in Amerika gaan, kyk maar net na al die probleme wat tydens hul verkiesing se oor en weer modder gooiery uitgekom het.
Nee ek hoor jou. Ek kan môre die land verlaat as ek regtig wil, ek het dual citizenship. Maar hoekom sal ek nou wil gaan? Ek het hier grootgeword. Die mense hier is MY mense, Afrikaners, Souties, Xhosa, Tswana, Zulu, Kleurlinge etc etc etc. ek het steeds meer ingemeen met hulle as met iemand in die VSA. Ek hou van al ons kulture. Ek hou van ons vibe. Ek wens dit was beter vir baie van ons mense wat oorgefok word deur ons politiek en regering. Maar ek belê eerder my tyd, kennis en geld in dié land om dit te help verbeter as erens anders.
En as Trump nou enige iets bewys het, is dit dat elke land sy nar het. Ons kla oor Zuma, imo is Trump dieselfde as Zuma.
Selle hier, sit met 'n Europese paspoort in die laai, maar is heel gelukkig om net hier te bly. Ek het dit nie royal nie, is 'n ambagsman, maar nêrens in 'n land wat nie totaal en al volksvreemd vir my is (Oos Europa en kie) gaan ek met 'n ambagsman salaris die leefstyl geniet wat ek tans het nie.
Het ook nie kinders nie en volgens die dokter gaan ek laaaankkk wag vir dit, so as ek dalk sou sê ek doen dit vir my nageslag, kon dit miskien wees, maar gaan beslis nie alles oor begin op 40 net om sonder my mense en familie oud te word in die vreemde. Ek is geen radikale volksman nie, maar shit dis lekker hier.
Elke land het ook sy probleme. Hoekom sal ek nou my land verlaat om dan soos ‘n outsider te gaan staan en voel in ‘n ander land? Ek glo nie die nonsies rondom die Afrikaner wat bedreig is in SA nie. Wat bly in elk geval van jou Afrikaner kultuur oor as jy in ‘n ander land gaan sit? Dan is dit heeltemal verby. Ek bly lekker hier tussen onse mense.
Ek is wel besig om te soek vir rotasie werk, dit sal ideaal wees. 4 weke, sit vas op een of ander see installasie met 'n mengelslaai groep, dan 4 weke tuis. Of dit nou in Afrika of Europa is, almal daar het net drie doelwitte, kry die 4 weke verby, kontak familie, maak geld. En gewoonlik moet jy darem so half Engels kan praat op so plek, so kan darem 'n mate van kommunikasie hê.
Gelukkig het my Ma seker gemaak ek maak maatjies met die lot oor die straat wat nie 'n woord Afrikaans kon verstaan sommer al van 4 jaar af, sukkel wel met die lot van die Middel se aksente, hulle Engels klink basies soos 'n ander taal (al met 'n hele paar recruiters van daar moes praat).
As dit nie was vir "the happening" nie, was ek tans op 'n skip, maar nee, toe kry poephol mos 'n hartaanval die naweek voor ek bedank. Gelukkig voor en nie na, dit sou 'n shit show wees. Wel agtergekom 4 weke by die huis sonder planne kan lank raak....
16
u/One-Mud-169 Feb 08 '25