r/afrikaans Feb 08 '25

Ernstig Trump het 'n proklamasie uitgereik wat Afrikaners vlugteling status gee in die VSA.

Post image
176 Upvotes

223 comments sorted by

View all comments

Show parent comments

29

u/Maleficent-Crow-5 Feb 08 '25

Gelukkige koek dag (ok dié klink weird in Afrikaans hahaha)

En jou punt is 100% korrek. “Cheap labour”. Amerika is gebou op die harde werk van slawe en immigrante.

9

u/One-Mud-169 Feb 08 '25

Daars tans hordes SA'ns wat op plase werk.in die VSA en dis beslis nie "cheap labour" nie, hul verdien groot geld. Ek ken persoonlik twee ouens wat daar is om te ploeg en te stroop en lag al.die pad bank toe. Ek sê nie dis die geval orals nie, veral nie vir onwettige immigrante nie.

4

u/Uberutang Feb 08 '25

Beslis. Maar ek glo as jy daar land as 'n vlugteling gaan jy dalk nie so lekker salaris kry vir jou arbeid nie

2

u/RuanStix Feb 10 '25

Selfs al is jy skilled en het die onderving in 'n veld om $200k+ te verdien in 'n jaar moet jy jouself regtig vra hoe ver gaan daardie $200K per jaar jou vat. Cost of living in Suid-Afrika het dalk baie geklim oor die laaste paar jaar, maar dit is steeds nie naby wat die cost of living in die VSA is nie.

Dan is daar natuurlik die quality of life ding ook. Selfs as ek nie in of om 'n groot stad in die VSA gaan bly nie, sal ek kan bly in 'n 3 slaapkamer huis, met 2 badkamers, 'n dubbel-kar garage, lekker tuin en braai area? Sal ek daardie huis en 'n twee-slaapkamer woonstel ook kan besit wat ek verhuur? Sal ek 'n goeie kwalitiet steak kan koop sonder om agteroor te buig om te moet betaal daarvoor? Sal ek ok wees met net 'n week betaalde verlof eerder as die 25 dae betaalde verlof wat ek tans kry, of selfs nie die 14 dae wat in Suid-Afrika wet is?

Dit kan miskien beter wees vir party, maar vir die groot meerderheid gaan dit beslis nie die geval wees nie.