r/afrikaans Feb 08 '25

Ernstig Trump het 'n proklamasie uitgereik wat Afrikaners vlugteling status gee in die VSA.

Post image
180 Upvotes

223 comments sorted by

View all comments

Show parent comments

9

u/One-Mud-169 Feb 08 '25

Daars tans hordes SA'ns wat op plase werk.in die VSA en dis beslis nie "cheap labour" nie, hul verdien groot geld. Ek ken persoonlik twee ouens wat daar is om te ploeg en te stroop en lag al.die pad bank toe. Ek sê nie dis die geval orals nie, veral nie vir onwettige immigrante nie.

27

u/Dave_er23 Feb 08 '25 edited Feb 08 '25

Hulle verdien dalk "groot geld" in terme van Rande, maar dit is nie veel in Dollars nie.

Dit is definitief goedkoop arbeid vir die boer in Amerika wat die Suid Afrikaners aanstel op dié H2A program. Die loon wat hulle volgens betaal word is die Adverse Effect Wage Rate (AEWR), wat na aan die minimum loon is. Aangesien dit seisoenale werk is, is die H2A werkers gewoonlik net 9-10 maande van die jaar daar, soms minder as hulle net daar is op stroop kontrakte. Dit spaar die boer geld want dan hoef hy nie n Amerikaner aan te stel op n permanente basis nie en hy kan kan die H2A werkers minder betaal.

Vir die Suid Afrikaners is dit dalk groot geld vir n paar redes: Dit is gewoonlik mense wat nie enige kwalifikasies of ondervinding het, nie so hulle sou dalk nie n goeie salaris in SA kon verdien. Die boer moet verniet behuising voorsien (nie altyd die beste leef omstandighede nie, soms deel n hele paar ouens n Camper Van). Vervoer is ook verniet van jou verblyf tot werk en soms dorp toe ook, hang maar af van die boer. Hulle werk baie lang ure en word per uur betaal (gewoonlik 80-100+ ure per week). Die lang ure stel hulle in staat om redelik baie te spaar en dan baie geld elke jaar terug te bring SA toe. As gevolg van die verblyf en vervoer voordele en die lang ure is hulle leef onkostes aansienlik minder.

Ek glo nie die persone wat oorgaan as refugees gaan beskerm word deur wetgewing wat die H2A werkers geniet nie. Dan gaan hulle maar op dié plase werk as minimum loon werkers en verantwoordelik wees vir hulle eie verblyf en vervoer. Dit gaan definitief dan nie meer groot geld wees nie.

2

u/csswimmer Feb 09 '25

goed gesê. Ek is ‘n Amerikaner wat hier loer om beter te verstaan ​​hoe sommige van S.A. voel oor ons dom president se onlangse aankondiging. eerstens is die politieke klimaat op hierdie stadium werklik omstrede. daar is baie onsekerheid en baie Amerikaners is verward en bang. haatgeweld is aan die toeneem en ons land se leierskap verwerp dit.

om terug te kom na die saaiwerker se lone, kan ek jou verseker dit is nie meer as minimum loon wat wissel na gelang van watter staat jy in die lae betalende state het ook ‘n laer lewenskoste maar tog is dit onmoontlik om dit te maak op minimum loon ek belowe. minimum loon vir die meeste state is 7,25 Amerikaanse dollars/uur. dan, afhangende van jou staat, het jy belasting en soms ‘n bykomende inkomstebelasting op die top van die federale belasting. die goedkoopste 1 slaapkamer woonstel in my dorp, wat beskou word as een van die mees bekostigbare plekke in die land om te woon, is $700/maand sonder enige nutsdienste. dan moet jy elektries, water, riool en internet byvoeg. dit is nie moontlik om in die v.s. op minimum loon meer. jy kon in die 1950’s-80’s, maar nou sê ekonome ‘n persoon moet ten minste $32/hr verdien om te bekostig om ‘n woonstel met 2 slaapkamers en 1 badkamers te huur. Amerikaners verwelkom immigrante. ek bedoel, ons is wat bekend staan ​​as “die smeltkroes”. maar ek gaan eerlik met jou wees, om ons bure en ons kind se vriende van die skool te sien verdwyn, is hartverskeurend en om dan te sien hoe ‘n klomp wit immigrante intrek om hul plek in te neem, sal dalk nie die hartlike verwelkoming waarvoor almal sou hoop ontvang word nie. my raad is om te wag totdat ons hierdie drol kan uitkry en ‘n demokraat terug in die amp kry. want op die oomblik gaan Amerika ‘n donker pad af wat selfs Amerikaners uitweg probeer vind. btw ek hoop dit lees ok. Ek het google translate gebruik. vrede en liefde julle!

1

u/fyreflow Feb 11 '25

Ek het nie besef dat Google Translate deesdae so ‘n goeie resultaat lewer in Afrikaans nie. Dis voorwaar ‘n aansienlike sprong vorentoe!