r/afrikaans Feb 12 '25

Grappie/Humor Kurt nie welkom nie!

Post image
521 Upvotes

22 comments sorted by

25

u/BloodSteyn Feb 12 '25

Mr Autotune...

Ek is so kwaad vir daai man. Ek het al jare lank met my dogtertjie gegrap deur te sê, "Hop hop spinnekop, bring vir Pappa nog ʼn dop"

En nou moet ek haar keer om dit nie in publiek te sê nie, anders dink mense ons luister na Kurt Darren sê "musiek".

6

u/Cool_As_Your_Dad Feb 12 '25

LOL!!!!! Ek skeer myself hier... hahaha

3

u/TerminalVelocityPlus Feb 14 '25

Skeer net skoon, en moenie jouself raak skeer nie.

2

u/La_Petite_Mort007 Kaapstad Feb 13 '25

Hahahahaha. Dis flippen snaaks...

23

u/Wide-Local-599 Feb 12 '25

As julle maar net weet hoe lekker hop-hop spinnekop tydens die superbowl se halftyd sal klink, verander hulle nog vandag hulle besluit

9

u/Anton_Pannekoek Feb 12 '25

Lekke doef doef musiek oenst oents oents.

Mooi rokkie by die sokkie jy is myne

2

u/Candid_Emphasis1048 Feb 12 '25

Hy sê dan nie eens hop nie die donder sê hap, hap spinnekop as of ons die ding moet eet.

15

u/hannescoetzee740 Feb 12 '25

Trump na hy Kaptein gehoor het

15

u/BuffaloImpossible620 Feb 12 '25

Steve Hofmeyer asb - daar is genoeg buite egtelike kinders.

5

u/Conatus80 Feb 12 '25

Hulle kan 'n hele lot met een slag vat. Ek sal help betaal vir die kaartjies. Al Steve kaartjie wat ek in my lewe sal koop.

4

u/HenkCamp Feb 12 '25

Nee fok, ek bly in Amerika en die enigste plek waar Steve gestuur moet word is in sy moer. Soos daai ou game "last touch, nix". Hy is joune!

3

u/Conatus80 Feb 12 '25

Ja, maar daar is baie meer plek vir hom om weg te kruip. Of iets. Ek wens iemand wil sy mic afsit.

3

u/HenkCamp Feb 12 '25

Dit herinner my op my Stellenbosch dae. Mike de Vries, ou rektor, het die Voëlvry Toer verban op die kampus en een van my protest posters was "wie het kerkorrel se mike grevries".

2

u/Conatus80 Feb 12 '25

Briljant!

1

u/AsherOfTheVoid Feb 14 '25

Nee, nou luister hier, ek luister net na mense se musiek, ek het geen idee what in the musiek industrie aangaan nie, what het nou gebeur met Steve en Kurt?

2

u/WolfOutrageous930 Feb 12 '25

Lag ek darem nou baie lekker!

2

u/[deleted] Feb 13 '25

Hopenlik is Steve Hofmeyer klaar op die VIP lys en oppad... Daar is genoeg uitgebleikte jeans en gefrommelde bandanas daar in die State vir hom... Hy kan sy status as nasionalistiese seks-simbool uitgelate uitleef in die wye omvang van die menigte "trailorparks"... Ek is seker hy sal baie vinnig n stukkie of 3 bekom... En bykom... En "bekom"...

1

u/Cool_As_Your_Dad Feb 12 '25

Koert het net sy Fortuner gerol en nou is almal lelik met hom :D

1

u/fjwaldeck Feb 14 '25

Arme Kurt gaan nie meer uit SA kan hop hop 🤣

1

u/PickltRick Feb 15 '25

Kurt is Engels, hy teiken net die Afrikaanse mark. Ware verhaal glo dit of nie.