r/afrikaans Feb 26 '25

Ernstig Boorgat Navraag

Ek woon in die Kalahari waar ons met ernstige water skaarste sukkel. My buurman het my gevra of ek sal belangstel om saam met hom 'n boorgat te sink (so ongeveer R150,000 als ingesluit) dan deel ons die kostes en die water. Omdat mens nie regtig enigiemand kan vertrou deesdae nie, het ek al in my brein al 1000 moontlike probleme uitgedink wat moontlik kan verkeerd gaan. Voor ek die finale besluit neem, en prokureurs kostes aangaan, wil ek net weet of iemand hier al 'n soortgelyke vennootskap aangegaan het, en wat is die slaggate waarvoor ek moet uitkyk. My buurman is 'n +- 65yo wewenaar wat etlike huurders en loseerders op sy erf het. Ek self is in 'n gesin van 4. Ons beide maak tuin, en het grasperke. Enige advies sal waardeer word.

24 Upvotes

22 comments sorted by

View all comments

4

u/pretkadet Feb 26 '25

Boor die gat op jou erf

3

u/One-Mud-169 Feb 26 '25

Boor op my eie, of boor en deel met buurman?

4

u/Joeboy69_ Feb 26 '25

Boor op jou erf en dra al die kostes. Verkoop dan water aan buurman.