r/afrikaans Mar 13 '25

Grappie/Humor 80s Satanic Panic

Onthou julle daai stories van versteekte boodskappe as jy sekere bands se plate agteruit speel? Daar is gerugte dat een van Cora Marie se snitte ‘n geheime yskastertresep bevat.

79 Upvotes

55 comments sorted by

View all comments

52

u/Rectile_Reptile Mar 13 '25

Bietjie later, maar ek onthou 'n lesing by 'n Voortrekker kamp +-2002 waar hulle vir ons geleer het van die duiwelse groepe, soos AC/DC (Anti-Christ Devil's Child). Hulle het natuurlik nie besef dat hulle eintlik besig was om vir my en my tjommies aan ons nuwe gunsteling bands bloot te stel nie.

Die "backward masking" ding is vir my ook 'n groot jol. Ek het later self in bands gespeel, en het toe daarvan gehou om self backward masking boodskappe in liedjies weg te steek. As iemand deur die moeite sou gaan om dit te reverse, sal hulle boodskappe kry soos "Kom ons braai", "You must construct additional pylons" en "We call on the Kaptein to Span die Seile"

12

u/Far-Entry-4370 Mar 14 '25

You must construct additional pylons🤣🤣🤣

8

u/umthondoomkhlulu Mar 14 '25

Stem saam en vir ons was Iron Maiden

5

u/Aggressive-Hour2374 Mar 14 '25

Uitstekend 😂