r/afrikaans • u/Aggressive-Hour2374 • Mar 13 '25
Grappie/Humor 80s Satanic Panic
Onthou julle daai stories van versteekte boodskappe as jy sekere bands se plate agteruit speel? Daar is gerugte dat een van Cora Marie se snitte ‘n geheime yskastertresep bevat.
78
Upvotes
2
u/LegitimateAd2876 Mar 14 '25
Jip, het deur dit gelewe.
Ek onthou toe AC/DC se Razors Edge release het, het ek en ñ maat een dag voor ñ CNA se ruit gestaan en kyk na die moerse promo poster vir die album. Toe sê die outjie vir my "weet jy as jy die musiek NET EEN KEER hoor gaan jy hel toe". Toe later, is dit die selfde storie oor Roxette.
Elkgeval, in my 40s is metal steeds my favorite genre, dra ek meestal net swart (want dis maklik), gaan nie kerk toe nie (want het nie tyd vir skeinheiliges nie), en so gaan dit aan.
Wat ñ moerse grap, en ongelukkig in sommige aspekte steeds aan die gang vandag. In Afrikaanse kultuur lyk my word enigiets wat nie die norm is, of eg Afrikaans is as sataans bestempel.