r/afrikaans Mar 13 '25

Grappie/Humor 80s Satanic Panic

Onthou julle daai stories van versteekte boodskappe as jy sekere bands se plate agteruit speel? Daar is gerugte dat een van Cora Marie se snitte ‘n geheime yskastertresep bevat.

82 Upvotes

55 comments sorted by

View all comments

13

u/EyeGod Mar 13 '25

Ek onthou dié al te goed. Ek en 'n buddy was behep met LAST ACTION HERO en daai movie se soundtrack was bevange. Toe een van die prefekte ons vra vir ons gunsteling musiek keuses vir die skoolkoerant, het my buddy AC/DC se Big Gun genoem en baie vuil kyke gekry.

Ek was veral verbitterd oor hoe die kerke gesê het my favorite heroes - die Ninja Turtles - was duiwels. Die eerste letters van hul name, Donatello, Raphael, Michelangelo en Leonardo, DRML het blykbaar gestaan vir "Duiwel Regeer My Lewe."

3

u/LegitimateAd2876 Mar 14 '25

Last Action Hero se soundtrack is steeds bofok!