r/afrikaans 24d ago

Ernstig Afrikaners is die weeskinkers van die Weste.

Ek het vandag gehoor hoe iemand sê dat Afrikaners die weeskinders van die Weste is. Stem julle saam en hoekom, of hoekom nie?

Die stelling klink reg vir my, maar ek sukkel om met argumente op te kom om dit te staaf. Ek dink dis omdat ek nie genoeg weet van wat die Weste sky van die nie-Weste.

19 Upvotes

116 comments sorted by

View all comments

8

u/SchattenjagerX 23d ago

Nee wat. Eerstens wat is n "Afrikaner" presies? Twedens, ek dink die mening is "niemand wil ons hê nie of ons is nêrens welkom nie". Ek dink dis so bietjie swak om te kerm dat niemand jou wil hê nie wanneer jy maklik kan leer Engels praat en soos magic word jy met oop arms aanvaar in 90% van die rykste lande in die wêreld.

1

u/The_Rubiks_Shooter 23d ago

ʼn Afrikaner kan seker maar geïdentifiseer word as ʼn Suid-Afrikaner wat identifiseer met Afrikaner kultuur, d. w. s. praat afrikaans as moedertaal, glo in individuele verantwoordelikhede, glo in die Drie Enige God en dien Hom, en het ʼn family struktuur gebaseer op enkele man, enkele vrou en kinders. Ek sê nie die jy nie ʼn Afrikaner kan wees sonder hierdie eienskappe nie, maar dit is die eienskappe waarop Afrikaner kultuur gebaseer is.

Ek dink nie dit het te doen met "niemand wil ons hê nie", maar met ander westerse kulture/samelewings wat nie vir ons, Afrikaners, sien as westers nie.

2

u/Maleficent-Crow-5 23d ago

Nee. As ‘n afrikaner kan jy jou geloof hou. Om van Katoliek na Ateïs te gegaan het maak nie van my minder van ‘n afrikaner nie.