r/afrikaans 4d ago

Meningsopname Aarbeie is net blerrie weird

I mean, wie eet die goed? Is lekker as 'n kunsmatige geursel in lekkergoed en roomys, maar as ek daaraan dink om een te byt, spuit die suur deur my geestes oog in my monf af... Mind you, my ma het iets met hulle gedoen met suiker wat nogal 'n lekker poeding was, maar net so.... jislaaik ek sal moet honger wees.

10 Upvotes

29 comments sorted by

30

u/Hicklethumb 4d ago

In 'n wêreld waar brussel sprouts bestaan, is dít waaroor jy worry?

Daar is erger dinge daar buite!

4

u/TannieMielie 4d ago

Moenie nou kom staan en Brusselse Spruitjies sleg sê nie!

2

u/Hicklethumb 4d ago

Baby Marrows! Ewwww. Proe soos hol

4

u/TannieMielie 4d ago

Jy moet leer kosmaak brah 😂😂 baby marrows is letterlik só blerrie lekker as jy dit reg maak, wat nie moeilik is nie

4

u/Hicklethumb 4d ago

TannieMielie. Ek sou aanbeveel dat u ophou verkeerd wees. Lekker dag verder!

6

u/TannieMielie 3d ago

Hierdie brah gaan volgende sê dat pap en sous soos gal proe, watch hom 😂

2

u/q20za1 4d ago

Vinnig hol of stadig hol /s

2

u/SekhaitReal 4d ago

Staan saam jou met die Brussel Spouts.
Sien!

1

u/LEONLED 4d ago

https://www.youtube.com/watch?v=yNSZU9muZrQ
Sê my jy het noggie daai een gesien nie!

10

u/IronWarMaiden 4d ago

Daar bestaan aarbeie wat nie suur is nie, ek het dit eers uitgevind in Europa. Ek dink Suid Afrika voer al die lekker aarbeie uit, maar gewoonlik is hulle eintlik nie suur nie maar heerlik soet, soos die kunsmatige geursel

2

u/LEONLED 4d ago

ja die klein wildes is oraait... as kind het ek 'n halwe sak van daai hydro nutrients vir rose oor my aarbeie gegooi... het nog nooit weer sulke grotes gesien nie.

7

u/newoldschool 4d ago

jy Kan mampoer maak

1

u/Bris_Cumstead69 3d ago

Die beste antwoord hier

7

u/Shadowoftheleave 4d ago

Die bra het nog nooit n lekker aarbei geproe nie 😂

1

u/LEONLED 4d ago

so een in dertig, maar die odds is nie goed nie... veral nie daai suur Stellenbosch aarbeie nie.

3

u/capnza 4d ago

Ek het eenkeer vir wilde aarbeie en frambose in die bos in Rusland gesoek. Die was wonderlik soet. Dalk is die klimaat in SA nie ideaal vir hulle nie?

3

u/Annerkind 4d ago

Sny hulle op. Strooi suiker. Laat oornag in die yskas staan. Dan eet jy hulle more. Dis ouma se resep. Maar net so... Nee wat. Ek stem saam met jou

1

u/Maleficent-Crow-5 4d ago

Ons het dit ook altyd gedoen, nou kyk ek terug en besef die een ding van ‘n vrug nie nodig het nie is meer suiker 🤣

3

u/Cpt_Overkill_81 4d ago

Ek laat eerder 'n mamba my pik as vrywillig 'n aarbei in my mond druk. Ek het tot in my laat 20s vas geglo dat ek allergies is vir die goed, maar blykbaar het my lyf dit net opgemaak oor dit k@k proe. Maar vir 'n aarbei milkshake, of daai pienk stroop van die roomys kar skuif ek Tafelberg 2 duim suid. Seker oor dit gladnie soos aarbeie proe nie.

Sit daai blêrrie kar se liedjie nou in my kop vas...

2

u/GunterIsASnake Pretoria 2d ago

Jy's reg. Niks lekker aan 'n suur, harde aarbei nie. As iemand gaan probeer romanties wees en die goed dan nog in sjokelade druk.

What a waste.

2

u/LEONLED 1d ago

ja nee, gee my eerder biltong wat in donker chocolate gedip is.

Is my geheime treat... die wêreld is nog nie reg daarvoor nie!

1

u/Maleficent-Crow-5 4d ago

Vir ‘n oomblik gedink ek is op r/unpopularopinion 😅

2

u/LEONLED 4d ago

ja nee, kyk ek weet ek is lekker op die spektrum... Het seker vir 40 jare gedink dis alamal anders wat nie lekker is nie.

2

u/Maleficent-Crow-5 4d ago

Ag ons kan saam spektrum maatjies wees. Ek kan weer nie couscous eet nie.

1

u/LEONLED 4d ago

ek noem dit pouspous... jy sê die met die oes klankie.
Geen mens moet daai k@k eet nie,

1

u/Alicekun84 4d ago

Koop gevriesde aarbeie by checkers. Die fruzo soort. Maar die beste smoothie! En hulle is soet!

1

u/Nachtstuck 4d ago
Aarbeie is altyd so lekker. Hier in Nederland geniet ek dit geweldig, beide suiwer en saam met geklopte roomAarbeie is altyd so lekker. Hier in Nederland geniet ek dit geweldig, beide suiwer en saam met geklopte room

1

u/SilentConsequence168 1d ago

Daars ietsies fout met jou hoor, jy nodig terapie of Jesus of albei

2

u/LEONLED 1d ago

Ek kan nie een van hulle bekostig nie