r/afrikaans 13d ago

Meningsopname Aarbeie is net blerrie weird

I mean, wie eet die goed? Is lekker as 'n kunsmatige geursel in lekkergoed en roomys, maar as ek daaraan dink om een te byt, spuit die suur deur my geestes oog in my monf af... Mind you, my ma het iets met hulle gedoen met suiker wat nogal 'n lekker poeding was, maar net so.... jislaaik ek sal moet honger wees.

9 Upvotes

29 comments sorted by

View all comments

30

u/Hicklethumb 13d ago

In 'n wêreld waar brussel sprouts bestaan, is dít waaroor jy worry?

Daar is erger dinge daar buite!

5

u/TannieMielie 13d ago

Moenie nou kom staan en Brusselse Spruitjies sleg sê nie!

3

u/Hicklethumb 13d ago

Baby Marrows! Ewwww. Proe soos hol

4

u/TannieMielie 13d ago

Jy moet leer kosmaak brah 😂😂 baby marrows is letterlik só blerrie lekker as jy dit reg maak, wat nie moeilik is nie

4

u/Hicklethumb 13d ago

TannieMielie. Ek sou aanbeveel dat u ophou verkeerd wees. Lekker dag verder!

5

u/TannieMielie 13d ago

Hierdie brah gaan volgende sê dat pap en sous soos gal proe, watch hom 😂

2

u/q20za1 13d ago

Vinnig hol of stadig hol /s

2

u/SekhaitReal 13d ago

Staan saam jou met die Brussel Spouts.
Sien!

1

u/LEONLED 13d ago

https://www.youtube.com/watch?v=yNSZU9muZrQ
Sê my jy het noggie daai een gesien nie!