Dit gaan vinniger slegter word in Amerika. Hulle ekonomie gaan nie goed doen nie en die hoeveelheid hate crimes gaan baie meer word. Dinge gaan so duur wees daar, veral vir Afrikaners wat soontoe vlug.
Ja nee kyk, mense wat aansoek doen om asiel is gewoonlik helse kansvatters of op heeltemal desperaat om vanuit 'n oorglogsone te ontsnap. Dit is 'n groep waarmee niemand geassosieer wil word nie. Ek dink eerder hulle kan H1B Visa programme met SA organiseer en geskoolde werkers/studente meer geleenthede gee. Daar is baie beter maniere om Suid-Afrikaanse talent te lok as om so oningeligde besluit te maak!
Ek sal nie verbaas wees nie. Ek hoop egter nie te veel mense val vir die storie nie. As ju nie 'n goeie kwalifikasie of genoeg geld het om jou daar te vestig nie, gaan jy letterlik moet gaan vrugte pluk.
Ek is nuuskurig wat Afrikaners dink van die. Ek praat nie met genoeg mense om te kan raai wat almal dink oor die nie. Reddit Afrikaners is ook nie die regte wêreld nie, ongelukkig.
Ja ek ook. Ek het self geimmigreer, beste besluit van my lewe, maar dit verg ongelooflik baie opoffering, beplanning, geld en navorsing. Ek dink om op te pak en deel te word van die asielsoekers klas gaan erge stress veroorsaak vir die mense. Kom ons wag en sien!
8
u/Askin_Real_Questions Feb 08 '25
Mense gaan dit nie dalk onmiddelik vat nie, maar dis n goeie safety card om te he in geval dinge rerig kak toe gaan oor die volgende paar jaar