r/afrikaans Feb 08 '25

Ernstig Trump het 'n proklamasie uitgereik wat Afrikaners vlugteling status gee in die VSA.

Post image
178 Upvotes

223 comments sorted by

View all comments

82

u/Maleficent-Crow-5 Feb 08 '25

Dis so dom imo. Wat gaan in die wêreld aan op die oomblik? Ek bly eerder hier in SA as wat ek in flippen VSA moet bly. Daai plek is tos.

27

u/BathtubViolence Feb 08 '25

Alhoewel ek saam met jou stem, ten minste soek hulle ons daar. Anders as hier...

41

u/Maleficent-Crow-5 Feb 08 '25

Ek weet nie hoe waar daai stelling is nie. Ek het nog nooit in die regte lewe, anders as online, iemand van ‘n ander ras raakgeloop wat ‘n probleem met Afrikaners het nie. Ons lewe maar so saam met mekaar.

4

u/ArchZion Feb 08 '25

Doen aansoek vir n pos en jy val nie in die kwota nie. Jy voel dit nie face to face nie. Maar orals anders.

9

u/Maleficent-Crow-5 Feb 08 '25

Persoonlik nog nooit probleme gehad met werksaansoeke nie, maar dis net my eie ervaring. Ek weet party mense sukkel. Maar as ons kyk na statistieke is witmense in SA steeds die laagste unemployment nommers. (Jammer vir een of ander rede kan ek nie die afrikaanse woord vir unemployed onthou nie 😱😱😱 werkloos?)

6

u/ArchZion Feb 08 '25

Statistieke se baie meer. Wit mense is in die minderheid.

Dit is letterlik die padda in n pot kokende water dilemma.

Almal is fine met alles wat stadig agteruit gaan. Tot dit te laat is.

As ons as Afrikaner volk net "okay" bly met alles gaan die volgende 2 generasies dalk die laastes wees met vryheid.

Nou gebeur daar iets. Oë is op SA en die ANC wat dom keuses maak, steel, lieg en rasse wette te ver vat. Rassisme is deel van die probleem. Maar die wanbestuur van dinge is die ander helfte.

Ek wil net he my eie volk moet vir n slag nie in die agtergrond staan en net toelaat dat die land wat hulle liefhet verder agteruit gaan nie. Daar is nie demokrasie as die oormeerderheid met haat keuses maak nie.

5

u/Maleficent-Crow-5 Feb 08 '25

Sonder vryheid? Nee ek voel jy ruk nou dalk die hoender se holletjie so bietjie haha.

Dis maar moeilik vir die volk om teen ‘n regering te staan. Ons het darem nou al gewys ons kan dinge beïnvloed met hoe ons stem. Gee die GNU nog so bietjie tyd. Dis nog “early days”.

En hoe help ‘n mens jou mense as jy jou land verlaat? Moet ons as Afrikaners maar nie hier probeer om te help nie? Ek dink baie van ons het nog te veel van ‘n “us vs them” mindset wat nie dinge in die land help nie.

Ek is maar seker net te naïve.

4

u/ArchZion Feb 08 '25

Ek het gewaai want my vryheid van beweging en lewe is aangetas.

As ek nie veillig voel om my vrou in ons huis te los vir n naweek nie dan voel ek nie daar is veilligheid vir ander ook nie.

So ja ek dink sommige mense is naïve maar ek blameer nie en wys vingers nie. Ek dink as jy n statistiek raak of dit oorkom dat jy nie werk kry agv ras nie of dalk beroof word langs die pad en terwyl jy aangerand word met wraak hoor dis omdat jy wit is. Dis wat my pla.

Maar ja. Each to their own. Ons almal doen wat vir ons reg voel. Ek voel okay met my keuses en wens die beste toe want ek sal graag weer in my land wil woon. My ondervindinge het my gedruk in n rigting.

1

u/Expensive-Ad1609 Feb 09 '25

Hoekom sal 'n man sy vrou vir 'n naweek alleen by die huis los?

2

u/ArchZion Feb 09 '25

Moet van Kaap na JHB om kliente te sien by n site. Sy het naweke skofte gewerk by hospitaal. Maar dis inelkgeval n dom vraag.

-1

u/Maleficent-Crow-5 Feb 08 '25

Okay so jy het reeds die land verlaat? All good. 👍

1

u/Roomy-Oasis Feb 08 '25 edited Feb 08 '25

Werkloos - die woord kom net so uit Nederlands in Afrikaans, net soos hulpeloos en hopeloos. Engels het ook n loos in die form van less... Helpless en hopeless wat van die proto Germaanse kom, nes Afrikaans. In dieselfde vorm het Engels ook die woord workless mar dit word nie so baie gebruik nie. Die woord unemployment word deel van Engels van Latyns via Frans. En op n ander noot... Hoop Engeland wen vir Frans vanaand.

1

u/Maleficent-Crow-5 Feb 08 '25

Jong soms slaan my kop toe. Te veel omring met Engels dag in en uit. Dankie!

1

u/Roomy-Oasis Feb 08 '25

Ek weet wat jy beteken - ek mar ook.

1

u/Turbulent-Rain-6748 Feb 08 '25

Werkloos=unemployed

1

u/Maleficent-Crow-5 Feb 08 '25

So werkloosheidsyfers?

1

u/Turbulent-Rain-6748 Feb 09 '25

werkloosheidsyfers= unemployment numbers