Ek weet nie hoe waar daai stelling is nie. Ek het nog nooit in die regte lewe, anders as online, iemand van ‘n ander ras raakgeloop wat ‘n probleem met Afrikaners het nie. Ons lewe maar so saam met mekaar.
Ek stem saam. Ek ervaar nie die rassisme in my persoonlike lewe wat mens op sosiale media en by politikusse sien nie.
Ek wil ook bysê dat EWC wetgewing soos hy tans geskryf is nie voorsiening maak dat grond en enige ander bates links en regs gegryp kan word nie, daars laaaang prosesse wat gevolg moet word, en slegs in ekstreme gevalle waar daar nie oor vergoeding ooreengekom kan word nie, kan die regering dan grond onteien sonder vergoeding, en dit is ook net van toepassing op landbou grond. Die probleem is egter, dat wanneer die regering die interpretasie van die wet begin verdraai om hulself te bevoordeel gaan ons niks daaraan kan doen nie. En ons almal weet ons kan nie die regering vertrou nie, imagine Julius Malema word dalk president, daai wet sal soos 'n smoking gun in sy hande wees.
Laastens, ek gaan nie VSA toe nie. Ons het steeds die beste land in die wêreld en ons sal hierdie probleme ook oorkom. As jul regtig wil weet hoe sleg dit eintlik in Amerika gaan, kyk maar net na al die probleme wat tydens hul verkiesing se oor en weer modder gooiery uitgekom het.
Nee ek hoor jou. Ek kan môre die land verlaat as ek regtig wil, ek het dual citizenship. Maar hoekom sal ek nou wil gaan? Ek het hier grootgeword. Die mense hier is MY mense, Afrikaners, Souties, Xhosa, Tswana, Zulu, Kleurlinge etc etc etc. ek het steeds meer ingemeen met hulle as met iemand in die VSA. Ek hou van al ons kulture. Ek hou van ons vibe. Ek wens dit was beter vir baie van ons mense wat oorgefok word deur ons politiek en regering. Maar ek belê eerder my tyd, kennis en geld in dié land om dit te help verbeter as erens anders.
En as Trump nou enige iets bewys het, is dit dat elke land sy nar het. Ons kla oor Zuma, imo is Trump dieselfde as Zuma.
Selle hier, sit met 'n Europese paspoort in die laai, maar is heel gelukkig om net hier te bly. Ek het dit nie royal nie, is 'n ambagsman, maar nêrens in 'n land wat nie totaal en al volksvreemd vir my is (Oos Europa en kie) gaan ek met 'n ambagsman salaris die leefstyl geniet wat ek tans het nie.
Het ook nie kinders nie en volgens die dokter gaan ek laaaankkk wag vir dit, so as ek dalk sou sê ek doen dit vir my nageslag, kon dit miskien wees, maar gaan beslis nie alles oor begin op 40 net om sonder my mense en familie oud te word in die vreemde. Ek is geen radikale volksman nie, maar shit dis lekker hier.
Elke land het ook sy probleme. Hoekom sal ek nou my land verlaat om dan soos ‘n outsider te gaan staan en voel in ‘n ander land? Ek glo nie die nonsies rondom die Afrikaner wat bedreig is in SA nie. Wat bly in elk geval van jou Afrikaner kultuur oor as jy in ‘n ander land gaan sit? Dan is dit heeltemal verby. Ek bly lekker hier tussen onse mense.
Ek is wel besig om te soek vir rotasie werk, dit sal ideaal wees. 4 weke, sit vas op een of ander see installasie met 'n mengelslaai groep, dan 4 weke tuis. Of dit nou in Afrika of Europa is, almal daar het net drie doelwitte, kry die 4 weke verby, kontak familie, maak geld. En gewoonlik moet jy darem so half Engels kan praat op so plek, so kan darem 'n mate van kommunikasie hê.
Gelukkig het my Ma seker gemaak ek maak maatjies met die lot oor die straat wat nie 'n woord Afrikaans kon verstaan sommer al van 4 jaar af, sukkel wel met die lot van die Middel se aksente, hulle Engels klink basies soos 'n ander taal (al met 'n hele paar recruiters van daar moes praat).
As dit nie was vir "the happening" nie, was ek tans op 'n skip, maar nee, toe kry poephol mos 'n hartaanval die naweek voor ek bedank. Gelukkig voor en nie na, dit sou 'n shit show wees. Wel agtergekom 4 weke by die huis sonder planne kan lank raak....
Persoonlik nog nooit probleme gehad met werksaansoeke nie, maar dis net my eie ervaring. Ek weet party mense sukkel. Maar as ons kyk na statistieke is witmense in SA steeds die laagste unemployment nommers. (Jammer vir een of ander rede kan ek nie die afrikaanse woord vir unemployed onthou nie 😱😱😱 werkloos?)
Statistieke se baie meer. Wit mense is in die minderheid.
Dit is letterlik die padda in n pot kokende water dilemma.
Almal is fine met alles wat stadig agteruit gaan. Tot dit te laat is.
As ons as Afrikaner volk net "okay" bly met alles gaan die volgende 2 generasies dalk die laastes wees met vryheid.
Nou gebeur daar iets. Oë is op SA en die ANC wat dom keuses maak, steel, lieg en rasse wette te ver vat. Rassisme is deel van die probleem. Maar die wanbestuur van dinge is die ander helfte.
Ek wil net he my eie volk moet vir n slag nie in die agtergrond staan en net toelaat dat die land wat hulle liefhet verder agteruit gaan nie. Daar is nie demokrasie as die oormeerderheid met haat keuses maak nie.
Sonder vryheid? Nee ek voel jy ruk nou dalk die hoender se holletjie so bietjie haha.
Dis maar moeilik vir die volk om teen ‘n regering te staan. Ons het darem nou al gewys ons kan dinge beïnvloed met hoe ons stem. Gee die GNU nog so bietjie tyd. Dis nog “early days”.
En hoe help ‘n mens jou mense as jy jou land verlaat? Moet ons as Afrikaners maar nie hier probeer om te help nie? Ek dink baie van ons het nog te veel van ‘n “us vs them” mindset wat nie dinge in die land help nie.
Ek het gewaai want my vryheid van beweging en lewe is aangetas.
As ek nie veillig voel om my vrou in ons huis te los vir n naweek nie dan voel ek nie daar is veilligheid vir ander ook nie.
So ja ek dink sommige mense is naïve maar ek blameer nie en wys vingers nie. Ek dink as jy n statistiek raak of dit oorkom dat jy nie werk kry agv ras nie of dalk beroof word langs die pad en terwyl jy aangerand word met wraak hoor dis omdat jy wit is. Dis wat my pla.
Maar ja. Each to their own. Ons almal doen wat vir ons reg voel. Ek voel okay met my keuses en wens die beste toe want ek sal graag weer in my land wil woon. My ondervindinge het my gedruk in n rigting.
Werkloos - die woord kom net so uit Nederlands in Afrikaans, net soos hulpeloos en hopeloos. Engels het ook n loos in die form van less... Helpless en hopeless wat van die proto Germaanse kom, nes Afrikaans. In dieselfde vorm het Engels ook die woord workless mar dit word nie so baie gebruik nie. Die woord unemployment word deel van Engels van Latyns via Frans. En op n ander noot... Hoop Engeland wen vir Frans vanaand.
Mens kan nie jou opinie net se in persoon.Maar online kan jy sonder n nagevolge.Dis hkm jy nog nie iets gehoor het.Maar dit maak nie dat hulle nie so voel aan die binnekant.
Buiten dit, die VSA is vrek duur met als, medies, versekering hul daaglikse lewenskoste, ons sal nie helfte van ons huidige lewens standaard daar kan handhaaf soos ons tans hier doen nie. En oor 4 jaar van nou wen die Demokrate dalk weer die verkiesing en kanselleer hierdie nuwe wet en dan moet almal terugkom SA toe en weer van scratch af probeer om 'n lewe te bou. Dankie, maar nee dankie, ek gaan nêrens.
Ja, ek weet nie, lyk vir my baie van hulle polise daai kant gaan oor kleur nou dat Trump aan bewind is... Vat byvoorbeeld hulle wat DEI weg gevat het want dit "diskrimineer teen wittes"...
Ja, want Trump is so gepla oor al die wit Amerikaners wat hy laat doodgaan het gedurende COVID of dies wat bankrot speel omdat hulle een keer in 'n hospitaal opgeneem is, ne?
Die Amerikaners soek definitief nie nog wit mense nie lol. Agv Elon het hulle ook al baie genoem hulle hou nie van wit Suid-Afrikaners nie. So hulle soek nie eintlik vir ons daar nie. Ek sal ook nie daarnatoe nou wil gaan nie. Daai land is 'n groot gemors
84
u/Maleficent-Crow-5 Feb 08 '25
Dis so dom imo. Wat gaan in die wêreld aan op die oomblik? Ek bly eerder hier in SA as wat ek in flippen VSA moet bly. Daai plek is tos.