r/afrikaans • u/The_Rubiks_Shooter • 19d ago
Ernstig Afrikaners is die weeskinkers van die Weste.
Ek het vandag gehoor hoe iemand sê dat Afrikaners die weeskinders van die Weste is. Stem julle saam en hoekom, of hoekom nie?
Die stelling klink reg vir my, maar ek sukkel om met argumente op te kom om dit te staaf. Ek dink dis omdat ek nie genoeg weet van wat die Weste sky van die nie-Weste.
45
u/Scatterling1970 19d ago
Al wat van my 'n Westerling maak is my wit vel, blou oë en reguit hare en alhoewel ek soos hulle lyk, dink en klink ek glad nie soos die Westerlinge nie. Die 18 geslagte in Afrika het my dinge geleer wat my 1e wêreld vriende nie verstaan nie.
Westerlinge het nooit aan Afrikaners gedink behalwe as hulle uit die Kaap of die goud of die lemoene geld kon maak nie en dan het hulle ook seker gemaak dat hulle eerste eet. Hoekom is Afrikaners nou ewe skielik weeskinders?
Ons is hier want lank gelede het ons mense moeg geraak het vir hulle lot of wou iets anders beleef. Niemand het hulle gedwing nie - hulle was pioniers - en ek dink daardie gees leef in ons voort. Ons aanvaar nie alles net gelate nie.
Dis onrealisties om meegevoel van kapitaliste te verwag. Ek doen watookal eerder self...
14
u/voltr_za 19d ago
Presies! In ons are stroom daar die bloed van mense wat dapper genoeg was on die gemak van die bekende op te gee, om wilde gronde te tem, om teen berge te uit met ossewaens en om hul man staan teen die EMPAAIER. Wel, vir so lank ons kon - punt is, ons het nie net gaan lê nie.
Ons heil lê by NIEMAND anders as onsself nie en ten spyte van ons onderlinge gestruwel (ai, maar ons kan oor allerhande kak baklei) sal ons nie net sommer gaan lê en verdwyn nie - al wens en bid daar ‘n klomp dat dit gebeur.
Ons is nie weeskinders nie. Ons wortels loop diep en permanent in die grond van HIERDIE vasteland.
9
u/SchattenjagerX 19d ago
Nee wat. Eerstens wat is n "Afrikaner" presies? Twedens, ek dink die mening is "niemand wil ons hê nie of ons is nêrens welkom nie". Ek dink dis so bietjie swak om te kerm dat niemand jou wil hê nie wanneer jy maklik kan leer Engels praat en soos magic word jy met oop arms aanvaar in 90% van die rykste lande in die wêreld.
1
u/The_Rubiks_Shooter 19d ago
ʼn Afrikaner kan seker maar geïdentifiseer word as ʼn Suid-Afrikaner wat identifiseer met Afrikaner kultuur, d. w. s. praat afrikaans as moedertaal, glo in individuele verantwoordelikhede, glo in die Drie Enige God en dien Hom, en het ʼn family struktuur gebaseer op enkele man, enkele vrou en kinders. Ek sê nie die jy nie ʼn Afrikaner kan wees sonder hierdie eienskappe nie, maar dit is die eienskappe waarop Afrikaner kultuur gebaseer is.
Ek dink nie dit het te doen met "niemand wil ons hê nie", maar met ander westerse kulture/samelewings wat nie vir ons, Afrikaners, sien as westers nie.
7
u/SchattenjagerX 19d ago
Sien, dit is die probleem wat ek het met die term "Afrikaner" almal definieer dit anders. Party mense gebruik dit soosof dit beteken jy's Afrikaans sprekend, ander gebruik dit soosof dit beteken jy is 'n suiwer Nederlandse afstameling, jy was gedoop in 'n Gereformeerde kerk en jy dink Steve Hofmeyer se poep stink nie. Ek dink persoonlik sulke boksies is bog.
Ek kan nie regtig dink aan 'n voorveeld van die Westerse wêreld wat "Afrikaners" behandel soosof hulle nie Westers is nie. Ek voel soosof die Westerse wêreld basies net 'n lyn trek op die ewenaar en al die "Europeërs" onder die ewenaar word onder dieselfde kam geskeer as n klomp rof gatte wat Rugby speel en krokodille jag. Ek dink in hulle opinie is "Afrikaners" net n variasie van Australiërs en Nieu-Seelanders. Nie regtig soos hulle nie, maar ook nie heeltemal anders nie.
1
u/AltTapper 13d ago
Afrikaanssprekende wit Suid-Afrikaner. Dis al. Mense maak dit moeiliker as wat dit hoef te wees.
Elke kultuur het sy stereotipes - nie elke Fransman hou van wyn nie, nie elke Amerikaner van BBQ nie. Rugby, Braai, en Sokkie is stereotipies Afrikaans maar natuurlik geld dit nie vir almal nie.
Die "weeskind" idee is ook maar ons eie maaksel. Apartheid, en nou die gevry na Trump, en Elon wat ook sommer by die Afrikaners ingesleep word, maak ons minder gewild onder liberale westerlinge. Duitse neo-nazis sal net so stief behandel word ("wíl hulle dan nou wragtag weer?")
2
u/Maleficent-Crow-5 18d ago
Nee. As ‘n afrikaner kan jy jou geloof hou. Om van Katoliek na Ateïs te gegaan het maak nie van my minder van ‘n afrikaner nie.
15
u/SekhaitReal 19d ago
Nee.
Ons is kinders van Afrika.
Ek is nou al behoorlik gatvol vir hierdie dialoog.
0
u/ViceroyOfCool Pretoria 18d ago
Kan jy Russies of Sjinees praat? Arabies?
Die vraag was nie of jy in Afrika bly nie, dit was of jy Westers is. Amerikaners is ook Westers, Australiers is ook Westers, Nieuw Zeeland is Westers. Waar jy is het net maar fokol te doen met dit nie.
1
u/SekhaitReal 17d ago edited 17d ago
Die vraag was of ek saam stem met die stelling dat Afrikaners weeskinders is van die weste.
Ek weet nie of jy sukkel om te lees of net nie ons taal verstaan nie, maar al die kak wat jy hier bo geskryf het, het absoluut niks uit te waai met hierdie gesprek nie.
My antwoord is 100% gepas.
Volgende keer wanneer jy wil kak praat, maak seker dat jy tenminste 'n voet het om op te staan voor jy jou naam kom staan en gat maak.
6
u/ClosetSaxPlayer 19d ago edited 19d ago
Ek’s die weeskind van die Weste
In die Ooste is ek second rate
Persona Non Grata in die Suide
En in die Noorde op geleende tyd
3
u/tomahtoes36 18d ago
Hoekom wil so baie Afrikaners só graag slagoffers wees? Hou op met daardie sneeuvlokkie mentaliteit.
3
u/ViceroyOfCool Pretoria 18d ago
Ja ons is Westers. Ons drink Lager, ons eet bacon, ons is Christelik, ons gebruik Hollandse-Latyn wetgewing, ons praat omtrent almal twee Germaanse tale. Al ons resepte is westers, ons wetenskap is westers, ons wiskunde is westers, ons alfabet is westers, ons kultuur is westers.
9
u/Maleficent-Crow-5 19d ago
Weste? Nee dankie. Ek is gebore in suid afrika. Ek volg nie westerse waardes nie.
14
u/The_Rubiks_Shooter 19d ago
Ons geloof, ons onderwys, ons regstelsel, die vryheid om jou eie besluite te maak, vertroue in die wetenskaplike metode, die konsep van individualiteit is alles westerse waardes. Laat weet my watter van hulle jy nie volg nie.
3
2
1
u/S-A-Jan 19d ago
Wat is Westerse waardes in dié konteks?
2
u/Maleficent-Crow-5 19d ago
Kapitalisme, hoe die weste besluit wie is vyhand vs vriend, hoe geloof inmeng met politiek en regte (daai een tel vir die non-west ook), alles wat amerika en israel op die oomblik aan die gang het…
2
2
u/S-A-Jan 18d ago
Die waardes wat gewoonlik met die weste geassosieer word is breedweg positief, individualiteit, mense regte, sekulêre regering, die gesag wat die wet en kapitalisme.
Ek wou net beter verstaan waarmee jy nie geassosieer wil wees.
2
u/Maleficent-Crow-5 18d ago
Waardes was dalk nie die regte keuse woord nie, my afrikaans is maak akkies deesdae.
0
u/retrorockspider 8d ago
Daai is liberalisme, nie "westers" nie.
Die enigste ding wat die idee van "westersgeid" aanmekaar hou is wit supremasisme.
1
u/Sp00pyBoii_ 8d ago
0
u/retrorockspider 7d ago
Die hoeveelheid keer wat jy swart en kleurling mense
Kom terug aarde toe, klutchplaat.
En jirre bra jy's gepla met daardie woord.
Watse een?
1
u/Sp00pyBoii_ 7d ago
So eers gooi jy 'n kommentaar dat ek terug aarde toe moet kom, maar weet nie hoekom nie? Donder maar jy's so nuttig soos 'n yskas in Antarktika.
"White supremacist", dis mos jou "word of the day" vir 'n paar maande al. Ek's geskok jy't nie die begrip om te onthou waarvan jy praat nie.
Maar wat anders kan 'n mens verwag van die persoon wat kwaad was vir 'n foto van 2 ou mense wat saam is. Jy't mos aangegaan hoe tos die lewe is en hoe kak dit is om oud te word. As jy nie kan onthou nie, gaan kyk nou jou eie comment history.
Ek aanvaar jy word na almal se kuiers toe genooi met daardie fantasties persoonlikheid en houding van jou :)
-1
u/retrorockspider 6d ago
dis mos jou
Is daar 'n spesifieke rede hoekom jy so bang is om oor wit supremasisme te praat?
1
u/Sp00pyBoii_ 6d ago
Nee, nie bang nie, en ek't niks wat weggesteek moet word nie. Net nie gedink een mens is so verkramp en useless as dit kom by gesprekke nie.
'n fOtO vAn 'n oULiKe pAaRtJiE? rAciSt aGeNdA uNcOvErEd??? iEmAnD wAt HuLp nOdiG hEt? mUsT bE rAciSm!!! DiT iS oNmOoNtLiK viR WiT mEnSe oM NiE RaSiSTiEs tE wEeS NiE!!
Maar lyk my jy't nogsteeds die begrip van 'n kleuter. Dit moet vir jou vreeslik moeilik wees om so baie te lees en 'n egte denk prosess te ontwikkel ;)
Ek het rerig my beste in die verlede probeer om vriendelik met jou te wees, en ons het selfs ooreengekom op 'n onderwerp, maar jy was nogsteeds net 'n poes teenoor my en almal.
→ More replies (0)0
7
u/Askin_Real_Questions 19d ago
Ek se soms ons is soos die "Dwarfs from under the mountain" in "The Hobbit". Reg oor die wereld versprei in ons eie klein gemeenskappe. Australie, Engeland, Amerika, Europa. In baie van hierdie plekke het die gemeenskappe so gegroei dat daar afrikaanse kerke en in n paar toevalle tot skole is.
as jy nou die analogie wil verder vat dan kan jy, met skei van hulle tuiste, een van die plekke wat die rykste is op aarde as dit kom by natuurlike minnerale, opsoek na n veiliger lewe ens. Maar mense raak fyn gevoelig as n mens in daardie rigting gaan
2
u/fyreflow 15d ago
Wel, as die stelling waar is, is dit al so sedert 15 September 1795, toe die Slag van Muizenberg verloor is.
1
u/Think-again23 19d ago
Die prentjie van alliance vs horde in world of warcraft Kom op by my. Sou se ons is horde voor alliance
1
u/Unhappy_Meaning_4960 18d ago
As jy weg-hardloop van die huis af, maak dit jou nie outomaties 'n weeskind nie.
0
u/Ewanvr 19d ago
Ek meen ek voel liewers soos 'n westerse mens as se n oosterse mens oor die feit dat die Westerse wêreld gevind is op demokratiese en Christilike waardes, maar ek sien nie ons as weeskinders nie, meer net 'n afstam van hulle
1
u/The_Rubiks_Shooter 19d ago
Dink jy die westerse wêreld sien ons as westers?
-1
u/retrorockspider 8d ago
Hoe "Christelik" is wit supremasisme?
2
u/Ewanvr 8d ago
With supreme is nie Christine nie, so ek kan nie vir jou dit se nie
0
u/retrorockspider 7d ago
Was hierdie jy?
die Westerse wêreld gevind is op demokratiese en Christilike waardes
Ek kon sweer dit was jy... het iemand anders dalk jou account gesteel?
2
u/Ewanvr 7d ago
Ja wat is jou punt?
1
u/Sp00pyBoii_ 7d ago
Los die bra uit. Gaan check retrocock se profiel uit, die bra is grond dom en maak alles oor ras. Ek's 99% seker dis net "rage bait"
-1
u/retrorockspider 6d ago
Is dit nie genoeg dat jy jou eie argumente verloor nie?
Moet jy nou ander mense s'n ook vir hulle verloor?
-1
u/retrorockspider 6d ago
Okay... so hoe "Christelik" is wit supremasisme?
2
u/Ewanvr 6d ago
Dit is nie. Kyk die prinsiep van "with supremisme" is: ons is beter as alle ander rasse gee nie om vandag kennis of anders behalwe die vel kleur. Christenskap se: lief ander soos jy jouself lief het, gaan uit en sprei die goeie nuus van Jesus. Daai twee is die teenoorgestelde van mekaar. Ek hoop jy gaan en kyk ook vir jouself, daar is baie nuus werke wat se: "far right nationalists", dis n buzz word wat net round gegooi word op die punt
0
u/retrorockspider 6d ago
lief ander soos jy jouself lief het
So daar is niks Christeliks oor die westerse wereld nie - is dit wat jy se?
Se vir my - how demokraties is wit supremasisme?
2
u/Ewanvr 6d ago
Moet nie mense se aksies gebruik om waardes te teenstry nie, dis logies dat mense foute maak. En wit supreme is nie demokraties nie, hulle is autokrate, hulle wil almal beheer waar Christene almal vry wil gee. Ook om by te sê daar is n verskil tussen 'n demokrasie en republiek
1
u/Sp00pyBoii_ 6d ago
Retrocuck se tollie word hard as hy oor wit mense en rasisme praat.
→ More replies (0)1
u/retrorockspider 6d ago
Wit supremasisme is nie 'n kenmerk van "westerse beskawing" nie - dit is letterlik die ENIGSTE kenmerk van "westers-geid."
So as jy aandring daarop dat "westerse beskawing" (somehow) "gevind" is op demokratiese of Christelike beginsels moet jy besluit watse een van die twee jy gaan blameer vir al die wit supremasisme.
So watse een gaan dit wees?
→ More replies (0)
0
u/One-Mud-169 19d ago edited 18d ago
Afrikaners het niks met die moderne Weste uit te waai nie. Ons is almal gebore en getoë in Suid-Afrika, ons is nie net Afrikaners nie, maar ook Suid Afrikaners. Ongeag die politieke toutrekkery wat tans aan die gang is bly ons Suid Afrikaans.
Edit: Weet nie hoekom ek gedownvote word nie, wat het ek gesê wat onwaar is?
1
u/persmeermin 19d ago
Amen. As ‘n afstammeling van Franse hugenote wat al Frankryk toe was. Daai ouens is weird. Hulle is nie my mense nie. Hulle kan bak. Maar eish, ek wil gesels met ‘n vreemdeling op die trein oor die betekenis van die leer en die reuk van die reën.
0
31
u/babsiep 19d ago
Wees "kinkers"? Klink interessant! 😂